Bou 'n gawe pot brokkolisop, gee hom so 'n klap fetakaas en siedaar! Jy het 'n heerlike wintergereg om voor te sit.
Brokkolisop met fetakaas
50 g botter
500 g brokkoli, opgesny in klein stukkies
1 middelslagui, fyngekap
3 e geparste knoffel
3 e koekmeelblom
1 liter hoenderaftreksel
250 ml melk
½ t neutmuskaat
3 e medium droë sjerrie
200 g fetakaas, gekrummel
sout en gemaalde swartpeper
Metode
Smelt botter in ’n kastrol, roer die brokkoli, ui en knoffel in, bedek en laat die groente 10 minute lank oor matige hitte “sweet”.
Roer van die koekmeel in, voeg die aftreksel by tesame met die melk, neutmuskaat en gemaalde peper. Laat opkook. Roer gedurig.
Sit dan deksel op en stel hitte laer. Laat 15-20 minute lank prut tot groente sag is.
Puree sop in versapper en gooi terug in ka?strol.
Voeg die sjerrie by en laat deurverhit. Voer geurmiddels by. Indien nodig, voeg nog sout by, maar onthou die fetakaas is self sout. Roer fetakaas by elke bakkie in.
Bel die skrywer tussen 16:00 en 18:00 by 021 945 2242 met navrae.