Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    23/07/2008 01:00 PM - (SA)
    NNK kan asemhaal ná puik sege
    SAREL BURGER


    WAS die verrassende oorwining wat Noordelikes/Northlink Kollege die afgelope naweek oor Villager behaal het, die keerpunt in die Parowiete se tot dusver rampspoedige seisoen in die WP se Super-rugbyliga?

    NNK is egter nog steeds nie uit die gevaarsone ten opsigte van afskuiwing na die B-afdeling van die Superliga nie. In hierdie stadium lyk dit of Tygerbergklub (10 punte), NNK (13) óf Helderberg (14) aanstaande seisoen sal moet plek maak vir die topspan van die B-afdeling.

    NNK het op Brookside 38-25 afgereken met Villager (vierde op die punteleer) danksy sy baasskap in alle afdelings van die spel, maar veral met behulp van puik spel by die afbreekpunte. (Waarom hierdie vurige spel van NNK dan nie ook vroeër in die seisoen gesien is nie, is ’n ope vraag.)

    Durbanville/Bellville het ’n loslootjie gehad, terwyl Tygerbergklub weliswaar 4-30 teen SK/Walmer verloor het, maar die telling vlei die B-Kaapse span.

    Tygerberg het verskeie puntekanse verspeel met onder meer vrotsige hanteerwerk.

    In die B-afdeling het Kuilsrivier onverwags teen Pniël Villagers vasgeval, terwyl Kraaifontein ’n verrassende weghol-sege oor Bellville-Tech behaal het.

    Kuilsrivier se aanspraak op die titel het ’n groot knou gekry toe hy 13-10 deur die Pniël-span geklop is. Maar Kraaifontein het daarenteen sy titelkanse verbeter deur Bellville-Tech 52-10 te stoomroller. Die Bellvilliete is voorlangs ore aangesit en met die baie balbesit kon die Kraaise se agterlyn meehelp om agt drieë in te ryg.

    Goodwood het blink vertoon deur Collegians, die voorloper op die puntelys, tot ’n voorsprong van net 11-9 met rustyd te beperk. Die Lentegeur-span moes hard werk vir sy oorwinning van 23-8.

    Die voorbokke in hierdie liga is tans Collegians (47 punte na 13 wedstryde), Kraaifontein (41 na 12 wedstryde), Pniël Villagers (40 na 11 wedstryde) en Kuilsrivier (38 na 11 wedstryde).

    . Die komende naweek is dit weer derby-tyd in Parow wanneer NNK besoek ontvang van Tygerberg.

    Die res van die program (tuisspan eerste) is: Durbanville/Bellville t Villager, Goodwood t Primrose, Bellville-Tech t Pniël Villagers, Kuilsrivier t Strand United, Young Peoples t Kraaifontein.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.