VANDEESWEEK se toonhuis is geleë in die hartjie van Durbanville in Ixiastraat 6, Proteaville.
Die woning is in ’n stil doodloopstraat en spog met ’n moderne vooraansig en ekstra parkering.
Dit is werklik ’n huis vir alle seisoene. Die sitkamer is gesellig met ’n kaggel vir koue wintersdae.
Die geteëlde leefareas vloei oopplan na die kombuis, wat toegerus is met ’n gasstoof en baie kaste het.
Daar is ’n stoep wat van die kombuis af bereik word en perfek is vir onthaal.
Die stoep het ’n braaiplek en pizza-oond, asook ’n kroeg wat uitkyk op die swembad en boomryke tuin.
Daar is hope speelplek vir kinders en ’n outomatiese sprinkelbesproeiing.
Die woning het drie slaap?kamers met volvloermatte en ’n studeerkamer. Daar is lug-? ?reëling in die hoofslaapkamer.
Die gesinsbadkamer is modern met ’n bad en die en suite-badkamer het ’n bad en ’n stort.
Die omheining, elektroniese hek en TV-monitor hou ongewenste besoekers weg van die voordeur. Daar is ook diefwering voor die vensters en veiligheidshekke.
Proteaville is ’n gewilde woonbuurt oor sy ligging naby skole, winkels en hospitale.
Die eiendom word bemark deur Manja Kritzinger van Realtors International vir R1,495 miljoen.
Meer inligting en foto’s is beskikbaar by www.realtors?durbanville of kontak Manja by 082 566 2974 of 021 975 5720 of by manja@realtorsdurbanville.co.za