DIE eerste van ’n reeks deeltitel-woonstelgeboue in die snelgroeiende Parklands-woongebied is pas vrygestel vir voornemende kopers.
Die gebou, Belvedere Mews wat deur Sellesa Properties ontwikkel word, sal bestaan uit 35 ruim tweeslaapkamerwoonstelle.
Dit sal teen bekostigbare pryse aan potensiële kopers beskikbaar gestel word. Die fokus is op veiligheid, gehalte en die maklike instandhouding van die onderskeie eenhede.
Gasstowe, en verskeie ander metodes om elektrisiteit te bespaar, word tans geëvalueer en sal na goedkeuring in hierdie eenhede gebruik word.
Pryse wissel in die lae R400 000’s. Kontak Threefold Property Group, wat die ontwikkeling vir Sellesa Properties bemark, vir meer inligting by info@3fold.co.za of bel Sandra by 082 416 8965 of besoek www.3fold.co.za.