Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    02/07/2008 12:25 PM - (SA)
    HS Brackenfell se o.19's wys hulle krag
    SAREL BURGER


    DIE Hoërskool Brackenfell se o.19A-rugbyspan het Saterdag met ’n skitterende vertoning teen die Hoërskool Strand getoon waarom hy halfpad deur die huidige seisoen tans die topspan in die Tygerbergstreek is.

    Danksy die Brakke se algehele oorheersing voorlangs en uitstekende ondersteunende spel het hulle die besoekers met 51-5 verrinneweer. Brackenfell het agt keer Strand se doellyn oorgesteek.

    Durbanville en De Kuilen het dit egter minder gelukkig getref in die laaste reeks skolewedstryde hierdie kwartaal. Die Durbies het (veral in die eerste helfte) nie alte waffers verdedig nie en het Landbouskool Boland ’n wurggreep op die spel besorg. Durbanville het toe 11-34 verloor.

    Die kragmeting waarin De Kuilen teen Paarl Gimnasium te staan gekom het, moes nooit in die WP se wedstrydbepalings voorgekom het nie. Die Paarliete tel onder die voorste vyf spanne in die land terwyl die Kuile vanjaar maar hul debuut in die WP se Premierliga gemaak het. Wat dus die sin was met die vasstelling van hierdie wedstryd, is onverklaarbaar. De Kuilen, wat met 89-0 gekelder is, het darem die troos dat Gimnasium sover hierdie seisoen ook alle ander teenstand voor hom weggevee het.

    Milnerton het sy onoorwonne status in die A1-liga behou deur Pinelands (in ’n heelwat verkorte wedstryd) 58-0 af te ransel.

    Die Hoërskool Westcliff het baie goed gevaar tydens ’n toernooi in Port Elizabeth. Die Bellvilliete het Olympia (Pacaltsdorp) 15-0 geklop en ook klaargespeel met Westview, Port Elizabeth (15-10) en Van Kervel, George (31-18) maar het 0-6 vasgeval teen Bergsig (Uitenhage).




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.