Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 10:48 AM - (SA)
    Grootste interkerklike buitelugbyeenkoms beplan


    Gansbaaiers het óók &3147Faith like Potatoes” en nou het hulle die kans om dit te bewys. Die grootste interkerklike buitelugbyeenkoms nóg in die Gansbaai-omgewing word vir die naweek van 10 en 11 Mei beplan. Dit sal ook die eerste gemeenskapsbyeenkoms wees op die blinknuwe sportterrein wat voorverlede naweek luisterryk geopen is.

    Gansbaaiers gaan op dié twee dae kans kry om harte en hande te verenig met miljoene Christene van meer as 200 nasies wêreldwyd ter deelname aan die internasionale Transformation Africa World Day Of Prayer van Graham Powers.

    Athol Rankin, wat die afgelope paar jaar dié gebeure in samewerking met plaaslike gemeenskap- en kerkleiers gereël het, glo vanjaar se gebeure kan 'n algehele geestelike herlewing in Gansbaai veroorsaak.

    “As 60 000 mans van oral in Suid-Afrika en so ver as Australië na Greytown kon reis vir Angus Buchan se Mighty Men-konferensie (MMC) op sy plaas Shalom, kan Gansbaaiers ook in hul massas opruk om hul geloof daadwerklik te bewys. Die nuwe sportstadion kan duisende mense huisves en is die ideale plek om Christene van alle kerkgroepe en denominasies byeen te bring vir 'n naweek van geestelike herlewing soos wat Gansbaai nog nooit beleef het nie. Dis ons gemeenskap se kans om te wys ons het ook “Faith soos Potatoes”,” sê Athol.

    Die byeenkoms word oor twee dae beplan. Saterdag se verrigtinge duur van 10:00 tot 15:00 en is meer op die jeug gemik. Skoolgroepe en jeugdiges sal aktief deelneem aan die biddag met koorsang, geestelike musiek, voorlesings en opvoerings. Sondag se byeenkoms duur van 15:00 tot 17:00 en sluit ook 'n lewendige geestelike program in met optredes deur verskeie plaaslike kunstenaars en kore. Albei geleenthede sal amptelik geopen word met Transformation Africa se internasionale gebed. Al die geestelike leiers in die gemeenskap sal 'n geleentheid kry om 'n unieke bydrae tot die verrigtinge te lewer - hetsy deur gebed, 'n geestelike praatjie of 'n spanpoging deur lede van die betrokke denominasie.

    “Dis Gansbaai se eie geestelike herlewings naweek. Dit is vír Gansbaai deur Gansbaai. Alle Christene van elke denominasie moet déél vorm van die verrigtinge, want dit gaan daaroor om God te aanbid en te prys. Dit is nou die tyd om lippe-diens daadwerklik te beoefen met 'n spanpoging om te bewys dat ons erns het met ons geloof. As alle Christene in die breë Gansbaai-omgewing sááám bid en hulle deur die Heilige Gees laat lei, kan ons as gemeenskap net baat vind daarby,” sêe Athol.

    Die program vir die twee dae is nog aanpasbaar en heelwat hoogtepunte is in die pyplyn. Omdat dit 'n gemeenskapsprojek vir die gemeenskap deur die gemeenskap is, word plaaslike inwoners aangemoedig om vorendag te kom met voorstelle, wenke en hulp om die geleentheid 'n unieke geestelike spanpoging te maak. Kontakpersone is Athol Rankin: 079 490 5314, pastoor Peer Erasmus: 083 569 4187 en Elsa Wessels: 084 240 1540.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.