|
|
|
24/07/2008 10:53 AM - (SA)
Kuns of kitch - kom kyk
Jo-Marie Rabie, spesialis in oudhede, sal op Saterdag 9 Augustus as deel van die Kalfiefeesverrigtinge in die Mission House kunsgalery beskikbaar wees om voorwerpe wat mense inbring, gratis te evalueer.
Sy sal daar wees vir twee sessies - van 10:00-12:00 en weer van 14:00-16:00.
Sy sal ook by elke sessie 'n inleidende praatjie gee. Haar spesialiteitsvelde sluit in Kaapse meubels, SA keramiek (Linn Ware, Kalahari en al die Anglo-Oosterse SA pottebakkers soos Hyme Rabinowitz, Tim Morris en Esias Bosch), glas (veral Italiaanse Murano), boeke (SA kuns en kunstenaars en Africana) en Suid-Afrikaanse kuns.
|
 |