Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 10:48 AM - (SA)
    'n Kolhou vir Kansa


    Die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaagreeks het Woensdag, 30 April op Hermanus se gholfbaan plaasgevind.

    Die 120 gholfspelers het die dag baie geniet en Jonn Reynell het 'n kolhou by die vierde putjie aangeteken en 'n sertifikaat daarvoor ontvang. Sanlam, die hoofborg van hierdie amateur gholftoernooi sedert 1993, het weereens gesorg vir kwaliteitpryse aan die wenners in elk van die drie afdelings. H2O het die natgat geborg en die spelers gratis van gesuiwerde water voorsien. Cattle Baron van Haweweg, Hermanus, het ook wyn en koopbewyse geskenk wat as 'n paar addisionele pryse toegeken en opgeveil kon word. Whalehaven het 'n geskenkpak met drie bottels wyn gegee wat die mooi bedrag van R2 220 ingebring het. 'n Groot dank aan elkeen van hierdie borge asook aan Bouchard Finlayson vir die 1,5 l magnumbottel Kaaimansgat Chardonnay van 2004 wat met die veiling 'n volle R1 000 behaal het.

    Kansa s&3234 weereens dankie aan elke gholfspeler asook aan Hermanus Gholf-klub, die bestuur en personeel vir hul ondersteuning en hulp in die stryd teen kanker.

    Uitslae - Afdeling A: 1 Andy Sherwood (41); 2 Andrew Philip (39); 3 Terry Westbrook (38). Afdeling B: 1 John Reynell (39); 2 Kowie Ganz (39); 3 Deon Esterhuyse (38). Afdeling C: 1 Greg Donald (40); 2 Nico Wessels (39); 3 Jan Kuhn (39). Naaste aan die vlag: 4de putjie - J. Reynell (kolhou); 3de putjie ? Hugo Steyn; 9de putjie - Andrew Philip; 6de putjie - Sarel Peens.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.