Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 10:48 AM - (SA)
    Boland jukskei wen goud


    Soos in die verlede het die Boland Jukskei Unie gedurende die jaarlikse Senior Burger toernooi weer amok gemaak. Boland het drie mans en een dames span vir die toernooi wat vanaf 28 April tot 1 Mei in Kroonstad gespeel is ingeskryf.

    Die D-span in die mans afdeling wen en ontvang goue medaljes terwyl die dames span tweede eindig en silwer medaljes ontvang. Boland het algeheel derde plek verower. In die mans dubbel afdeling wen Cecil le Roux en AP Meyer en Louis Leonard en Jannie du Bois eindig derde. In die dames dubbel afdeling kom Gesie Laubscher en Angie Ras derde.

    Die heel ouer garde het 'n vertoonwedstryd gespeel en oom Jan Pieterse was deel van die wenspan en bring ook 'n medalje huis toe.

    Proewe is gespeel vir die beste vyf seniors in verskeie afdelings.

    Toeks Botha van Groenberg Jukskei klub op Sandbaai word gekies as een van die vyf bestes in die afdeling dames bo 65 jaar. Angie Ras, ook van die Groenberg klub, word gekies as een van die vyf bestes vir dames onder 65. Lenie Pieterse van Groenberg klub het ook aan die proewe deelgeneem.

    In die mans afdeling word Jannie du Bois, AP Meyer en Dawie Lotz vir die vyf bestes gekies.

    Boland ontvang die beker vir die unie wat eerste vir die toernooi ingeskryf het. Hulle deel die beker met Orania vir netheid.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.