Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 11:31 AM - (SA)
    Tweede verdagte vas ná rooftog


    'n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog by Yorke Cash & Carry in Swartdamweg op Saterdag 28 Junie.

    Patrick Mayapi (32) van Harare, Khayelitsha is Donderdag in Khayelitsha in hegtenis geneem.

    Hy het Maandag vlugtig in die landdroshof op Hermanus in verband met die voorval verskyn. Landdros André Maqubu het die saak tot Maandag 21 Julie uitgestel sodat Mayapi regs-hulp kan bekom.

    Maqubu het beveel dat Mayapi in hegtenis bly om speurders die kans te gee om sy woonadres te bevestig.

    Hierop het Mayapi gevra waarvoor hy aangekla is. Hy is meegedeel dat hy verskyn op 'n klag van gewapende roof.

    Mayapi het gesê hy het geen verklaring afgelê nie. “Hulle het vir my 'n verklaring uitgelees en gevra dat ek dit moet onderteken.”

    Maqubu het geantwoord dat hy nie in dié stadium van verrigtinge op die meriete van die saak kan ingaan nie.

    · Vuyisani Mfundeni (20) van White City 1578, Zwelihle, is kort na die rooftog in hegtenis geneem. Hy is verlede week in die landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

    · Die Hermanus Times het op 4 Julie berig vyf gewapende mans het net voor sonop die betrokke dag die winkel van meer as R200 000 kontant beroof nadat hulle 'n werknemer oorrompel en in 'n groot yskas toegesluit het. Hulle het daarna weggejaag in 'n voertuig van Safe Sekuriteit wat hulle na bewering gesteel het terwyl die voertuig met 'n patrollie in die omgewing besig was.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.