17/07/2008 11:31 AM - (SA)
Bergie verkluim
Janine van der Riet
'n Bergie is Donderdagoggend agter Fisherman's Cottage dood gevind.
Willem Hendriks (44), 'n boorling van Hermanus het gesukkel met borsprobleme en het baie gehoes die aand voor sy dood. Volgens supt. Gavin Brink het Hendriks blykbaar verkluim as gevolg van die koue.
Sy nat komberse het bo-op hom gelê toe hy gevind is.