Die tingerige vrou wring haar hande inmekaar maar haar o&3235 kyk reguit.
Klara Dickson van Mt. Pleasant se seun Duncan Philander is 'n tikkop. Hy het eers kreef en perlemoen geduik maar sedert die kwota verval het vroe&3235r die jaar bly hy by sy ma.
&3147Hy het al alles gesteel wat ek het om tik te koop behalwe my meubels, sê Dickson. Hy het begin met my televisie, DVD, ketel, verwarmer en haardroër en nou is dit my klere en skoene.
Nou die dag nog het hy die mooi nuwe nagklere wat sy by haar dogter gekry het vir Moedersdag gesteel en verkoop.
Ek verstaan dit nie, sê Dickson. Die pajamas het net so van my lyf gekom en na slaap geruik en iemand koop dit wragtag.
Dickson sê sy het seker al 20 keer haar slotte verander maar elke keer breek die seun die deure oop. Wanneer hy tik in het raak die seun se kop deurmekaar en dan maak hy my seer, sê Dickson. &3147Vanoggend toe die polisie hom kom haal het, het hy my weer geslaan. Toe slaan die polisieman hom dat hy lê. Môre word die kind 21 en dan sit hy in die tronk. Dit is baie hartseer.
Dickson is nou moedeloos want sy het amper nie meer klere of skoene oor nie. Selfs klere wat deur die kerk aan haar gegee is, is al verkoop.
Verlede Saterdag het sy mense in Vermont se hondjie opgepas in ruil vir 'n ketel en strykyster en toe sy tuis kom het haar seun weer 'n langbroek en toppie van haar verkoop.
Ek maak huise skoon vir geld maar ek kan self nie eet nie want die kind eet alles op. En dan sê hy my nog sleg ook. Ek kan verstaan as ek 'n dronk ma of 'n vuil ma of 'n ma was wat nie omgegee het nie. Maar dit is nie hoe ek is nie.
Sy wil net h&3234 dat mense nie die klere moet koop wat haar seun verkoop nie.
Dit is al wat ek het, sê sy.