'n Oudburgemeestersvrou en geliefde inwoner van Hermanus, Babs van Zyl (88), het Maandag-oggend in die Medi-Clinic gesterf.
Babs is presies tien jaar na haar man, Willem, wat van 1990 tot 1994 burgemeester van Hermanus was, oorlede.
Die paartjie het in 1982 na Hermanus verhuis met Willem se aftrede. Hy was streekhoofbestuurder van die destydse Volkskas. Babs het die afgelope 14 jaar in Berg 'n See gewoon en was vroëer veral aktief in die VLV en ander vroue-organisasies.
Sy laat haar drie dogters, Marieda Visser van Trawal, Ansie van Wyk van Johannesburg en Irna van Zyl van Kaapstad agter. Irna is 'n uitvoerende direkteur van New Media Publishing en redakteur van Boeke-Insig, wat soos die Hermanus Times deel is van Media24.
Van Zyl laat ook ses kleinkinders en ses agter-kleinkinders agter.
'n Gedenkdiens word Saterdagoggend om 10:30 by Berg 'n See vir haar gehou.