Die M.R.N. Properties wedvlug het Saterdag vanaf Victoria-Wes (497 km) plaasgevind met 'n ligte suidwestewind by loslating en ligte suidwestewind by tuiskoms.
Die uitslae was soos volg: 1/3/3/8/10 en 14: C. Willemse, 2 en 9: G. Page, 5 en 15: P. de Leeuw, 6/11 en 12: A. Steenkamp, 7: R. Cohan, 13: M. Haman.
Die wenduif Mamma Mia het die afstand in 6 uur 23 min. afgelê teen 1296,656 meter per minuut. Die duif het 'n gemiddelde spoed van 78 km/u gevlieg.
Die Usik Construction wedvlug vind Saterdag vanaf Hanover (616 km) plaas.