Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    04/09/2008 10:02 AM - (SA)
    Drie dood
    Janine van der Riet


    Die afgelope naweek is drie mense in verskillende omstandighede dood waarvan twee moontlik verkluim het.

    Sondagoggend is die liggaam van Henna Dreyer (45), inwoner van Hawston naby 'n bos in 'n veldjie gevind. Sy het die vorige aand by vriende in Hawston gekuier en haar kêrel het gou na hulle huis gegaan om droeë klere vir Henna te gaan haal omdat sy nat gereën het. Volgens haar niggie, Daniel Dreyer, het hy met sy terugkeer by hul vriende se huis verneem dat sy reeds begin huis toe loop het. 'n Rukkie later het twee kinders vir hom kom sê hulle het vir Henna in die bosse daar naby gesien.

    Alhoewel dit al donker was, het hy na haar begin soek, maar weens die swaar reën en swak sig het hy huis toe gegaan.

    Die volgende oggend teen dagbreek het hy sy soektog voortgesit en Henna se liggaam in 'n beboste gebied gevind. Sy was reeds dood.

    Volgens Henna se suster, Lucinda Engelbrecht wat op die toneel was waar haar suster se lyk gevind is, is sy nie oortuig daarvan dat haar suster verkluim het nie. Sy sê: “Henna se liggaam was uitgestrek met haar gesig na onder. Sy het haar onderklere aangehad en haar klere het om haar gestrooi gelê.”

    Die polisie is tans besig om die saak te ondersoek en 'n nadoodse ondersoek is Woensdag gedoen. Die resultate is nog nie bekend gemaak nie.

    In nog 'n geval is 'n netjies-gekleede man Sondag hangend oor 'n boomtak in die nywerheidsgebied naby die verkeersdepartement gevind.

    Die identiteit van die man is nog nie bekend nie en die oorsaak van sy dood ook nie.

    Volgens kapt. Rewayne Muller van Hermanus SAPS kan die man se dood moontlik toegeskryf word aan die koue. Geen gemene spel word vermoed nie en dit lyk nie of die man aangerand is nie.

    Sy duur horlosie was steeds om sy pols. Die uitslag van die nadoodse ondersoek sal later bekend gemaak word.

    In nog 'n voorval is 'n vierjarige dogtertjie van Mt. Pleasant dood na sy vroeg Sondagoggend by haar ouerhuis siek gevoel het. Haar ouers het met haar na die hospitaal gejaag. Volgens Muller het daar groen skuim by haar mond uitgekom en sy is kort daarna oorlede.

    'n Nadoodse ondersoek is gedoen en die rede vir haar dood sal later bekend gemaak word.

    Die polisie doen 'n beroep op die publiek om die speurtak te bel by 028-313 7000 met inligting rakende die voorvalle.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.