Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    04/09/2008 10:02 AM - (SA)
    Atlantics C wen
    WCM Gibson


    Atlantics se C-span het seker gemaak hy wen die liga beker toe hy Robertson verlede Saterdag 32-0 kaf gedraf het. Die twee afrigters Marquin Lukas en Greg Cornelius kan trots voel op die C-span se prestasie in 2008. Die C-span eindig op 75 punte.

    Die C-span het die hele seisoen goeie aanvallende rugby gespeel. Rudy Joubert wat die grootste gedeelte van die seisoen kaptein was tree op 'n hoë gepaste noot af. Hy sal nie verlore vir die klub wees nie en sal as administratiewe beampte by die klub help.

    Die C-span het Robertson heeltemal oorrompel. Vier drieë is in totaal gedruk. Die punte makers was Andr&3233 Philander (1), Riaan Terblanche (1), Lydell Visser (1), Gary Phillips (1), Agen Farao (2) versewe skoppe en (2) strafskoppe.

    B-span

    Atlantics B het hulle wen weggegooi toe hulle 10-13 verloor het en net een bonuspunt gekry het. Jeronomo Seconna druk die eerste drie en het weer 'n reuse wedstryd gespeel.

    Robertson het met 'n strafskop die telling 5-3 gemaak. Jerome Julies het gaan druk om die rustyd telling 10-3 te maak. Na rustyd het Robertson die bordjies verhang deur drieë te druk en die eindtelling 10-13 in hulle guns gemaak.

    A-span

    Die A-span het gedoen wat van hulle verwag was deur Robertson 12-9 te klop. Robertson het eerste punte aangeteken toe hulle met 'n strafskop slaag om 0-3 voor te loop.

    Atlantics het aangeval tot Llewellyn Lukas gaan druk om rustydtelling 5-3 te maak. Lukas het 'n reuse wedstryd op senter gespeel. Na rustyd het Robertson met twee strafskoppe geslaag. Lukas het sy tweede drie gedruk wat Ewan Visser versewe het om die eindtelling 12-9 te maak. Atlantics het nou 50 punte op die punteleer en speel Saterdag, 6 September teen Hill Crest op Wellington. Die span makeer net bonuspunte of 'n wen om die “Top Vier” te haal. Die toeskouers word gevra om in groot getalle die spanne te kom ondersteun.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.