Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    04/09/2008 10:02 AM - (SA)
    Vrou van staal
    Tania Colyn


    “Power-lifting is nie lyfbou nie, jy sal my nie in 'n swembroek sien loop nie!” is Hesterki Range se eerste woorde wanneer sy gevra word oor haar sport. Range is gekies as lid van die span wat Suid-Afrika later vanjaar by die Wêreld Meesters Kampioenskappe in Kalifornië gaan verteenwoordig. Veertig lande stuur spanne om aan hierdie kompetisie deel te neem.

    Range, 'n fotograaf van beroep, het eers in Januarie met power-lifting begin, maar sy het dadelik van die nuwe uitdaging gehou. Haar eerste kompetisie was in April in Bloemfontein en het vir haar baie geleer en selfvertroue gegee. Sy het haarself gedruk om reg te wees vir die SA kampioenskappe wat in Junie gehou is en dit is hier waar sy gekies is om deel van die SA-span te wees.

    Sy sê dat mense dikwels onder 'n wanindruk van die sport verkeer en dit vergelyk met lyfbou. Volgens Range is power-lifting baie meer fisies en psigologies stremmend - &3147jy moet jouself kan oortuig dat jy die gewig kan lig”. Sy geniet dit ook om haarself te druk en uit te vind wat die beperkinge van haar lyf by elke probeerslag is. Tans kan sy dubbel haar liggamsgewig optel.

    Die sport is relatief jonk, en hierdie jaar se Meesters Kampioenskappe is die 16de in die afdeling vir vroue.

    Range sê sy hou van die sport omdat deelnemers eintlik teen hulself kompeteer om die beste gewig op te tel wat hulle kan. Volgens haar is daar ook 'n goeie gees van samewerking tussen die deelnemers en word daar oor-en-weer wenke gegee om individue se tegnieke te verbeter. Die grootste nadeel van die sport is dat geen fondse daarvoor beskikbaar gestel is nie, en deelnemers moet dus self betaal om by kompetisies uit te kom. Dit verg harde werk om voor te berei vir hierdie tipe kompetisie en haar dieet werk deesdae volgens 'n baie streng program. Tans eet sy groot hoeveelhede proteïene om haar spiere op te bou, maar dit verg 'n baie fyn ba-lans om nie vet ook op te bou nie. Sy hou by die eetprogram, maar drink tog nog koffie - die enigste lekkerte wat sy nie kon ontsê nie.

    Haar man, dogter en vriende is baie onder-steunend van haar en Range sê dat dit baie belangrik is in hierdie tipe sport waar sy nie spanmaats het om op te steun nie. Ongelukkig gaan sy die reis na die VSA alleen moet aanpak, maar sy weet dat sy baie ondersteuners in Hermanus het wat haar in hulle gedagtes sal hou.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.