Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 10:48 AM - (SA)
    Hengelverslag - Gebore vissermanne
    Steve Smuts


    Dagsê aan alle vissermense. Soos die nuwe Suid-Afrika al ouer word, so mag mense al minder doen. So lyk dit altans.

    Ou kortbroek, Van Schalkwyk, is veral aan die roer van sake. Hy laat hom duidelik erg beïnvloed deur die oorgroenes wat probeer om hul stempel oral af te druk. Dit lyk al hoe meer of dit 'n klomp verveelde mense is wat te veel geld het en niks van die natuur weet nie maar ewe skynheilig hulle verdraaide deeltjies tot die bewaring van die vernielde aardbol wil bydra.

    Dalk gaan dit meer oor geld maak as iets anders. In verlede week se HT het 'n heel oulike brief verskyn “Like an albatros” deur ene WB Prince van Hawston. Die brief maak soveel sin en sê als wat ons as ware vissermanne voel. Die laaste paragraaf lui, “Even if they take everything away from us, they will never be able to break the soul and spirit of the true fisherman. We belong to a higher cult of mortals for we have seen the albatros in its natural state, and like the albatros we worked hard to make a living from the sea, and we did not plunder and strip the ocean of its resources.”

    Die geagte minister besef nie dat 'n visserman gebore word en nie soos 'n loodgieter of bouer sy amp geleer kan word nie. Die liefde vir die see en vang van vis is in sy bloed en is 'n lewenstyl en nie 'n alledaagse taak nie. Te veel mense dink (verkeerdelik) dat dit 'n maklike manier van geld maak is. Te veel van die ware vissermense is verbied om hul enigste brood wettig te verdien, terwyl nuwe toetreeders in die bedryf toegelaat is wat gou besef het dat dit nie 'n maklike bestaan is nie.

    Tot my eie pa het nie verstaan nie. As kind onthou ek hoe ek eendag vir hom gesê het dat ek 'n visserman wou wees. Sy antwoord was dat ek 'n skuitbaas moet word, met 'n klomp skuite. Hy het nie verstaan dat ek net wou visvang, ongeag op wie se skuit nie.

    Ek sal graag vir ons geagte minister 'n vismandjie met handlyne wou gee en hom vir ses maande see toe stuur om so sy brood te verdien. Na ses maande kan ons weer praat oor of die handlyn visserman 'n bedreiging vir die voortbestaan van ons lynvis inhou. Ek dink nie so nie.

    Ek het laasweek gerapporteer dat vangste swak was en dat ek hopelik beter nuus dié week sal hê. Die vooruitsigte vir die komende week lyk goed, met 'n noordweste wind en koue fronte wat die water warmer sal maak, is die kanse goed dat geelbek, kabeljou en heel moontlik snoek sy opwagting kan maak. Die afgelope Saterdag en Sondag was die dolfyne baie bedrywig en het hulle gemaai onder die klein vis tussen Gearing's Point en die nuwe hawe. Dit is 'n baie goeie teken en ek het van 'n baie betroubare bron verneem dat drie kabeljoue die afgelope week tussen die Gang en die Neus gevang is. Die vis sal in warmer water goed byt. Enkele groot hotnotsvis en silvervis is vanaf die skuite gevang en dit sal ook verbeter namate die water warmer word. Stywe lyne vir die komende week. Skakel 083 362 7632 met enige nuus.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.