Verlede Donderdagmiddag omstreeks 16:00 het twee mans in 'n geveg betrokke geraak by die taxistaanplek in die middedorp.
Jeudi Hunter, walvisfees sekretraresse en Lee Fullex, 'n komiteelid, was in Hermanus Liquor Store in Patersonstraat toe hulle 'n lawaai buite hoor. Toe hulle uitstap, het hulle 'n man in 'n plas bloed voor die superette langsaan sien lê. Jeudi vertel dat sy die aanvaller sien wegstap het in die rigting van Absabank. Daar was bloed op sy kraag en op sy wang, en wat haar veral opgeval het was die feit dat hy so netjies aangetrek was.
Allan Lundt, 'n HPP-offisier wat besig was om die area tussen die middedorp en Strati's te patrolleer, het gesien hoe twee mans by die taxistaanplek baklei. &3147Skielik het die verdagte 'n mes uitgepluk en die ander man in sy bors en nek begin steek. Die verdagte het die beseerde man eenkant toe gestamp en vinnig in Absa se rigting begin wegloop.
Lundt het intussen sy toesighouer oor sy tweerigtingradio van die voorval laat weet en die verdagte op die hoek van Absabank aangekeer. My toesighouer, tesame met die polisie, was direk daarna op die toneel en Lundt het die verdagte aan die polisie oorhandig.
Nog 'n ooggetuie, Hansie van Rensburg - 'n naamskilder by CMY Screenprinters, was by Strati's Superette toe hy iemand buite hoor skree. Hy het twee mans sien baklei by die taxistaanplek: &3147Die een het 'n mes uitgepluk en ek het eers gedink hulle maak 'n grap en toe sien ek dis vir real.
Die een man het die ander in sy nek gesteek en toe hardloop die gewonde man oor die pad tot voor Strati's. &3147Die aanvaller het agter hom aangeloop en hom omgestamp, waarna die aanvaller net eenvoudig weggestap het.
Hansie het die ambulans gebel en vertel dat hy toe maar terug werk toe is omdat die polisie versoek het dat die omstanders die toneel verlaat. &3147Dit was baie skokkend en emosioneel. Niemand het die ou gehelp nie, almal het net gestaan en kyk.
Volgens supt. Gavin Brink is die slagoffer in die nek, bors en rug gesteek. Hy is Saterdag uit die provinsiale hospitaal ontslaan.
'n Saak van poging tot moord is geopen en die verdagte het Dinsdag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.
· A fight between two men at the taxi rank resulted in one of them pulling a knife and stabbing his victim in the chest, neck and back.
A small crowd watched on as the man pushed his victim across the street where he eventually fell at the door of Strati's Superette. The well-dressed perpetrator walked off without anybody putting a hand to him.
The HPP informed the police who were on the scene in minutes.
The victim was taken to hospital. He was discharged on Saturday. A man appeared in the magistrate's court on Tuesday on a charge of attempted murder.
He was released on bail.