Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Home Page
Headlines
General
Sport
Die Volksblad
News24
Business Index
Smalls24
Weather
 
About Us Search Advertising
  Brought to you by:

24/08/2000 10:20 AM - (SA)
Bloues speel Saterdag weer teen Grey


DIE Hoërskool Kroonstad se eerste rugbyspan het Dinsdag met vonkelwyn-rugby die halfeindwedstryd om die Vrystaatbeker teen Hennenman met 47-10 gewen.

   Die Bloues het onteenseglik bewys hulle verdien om Saterdag in Kroonstad in die eindwedstryd teen Grey te speel. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat hulle in die eindwedstryd teen Grey speel wat in die ander halfeindwedstryd met Voortrekker van Bethlehem afgereken het.

   Die wedstryd is om 11:00 op Loubserpark. Verlede jaar het Grey naelskraap met 10-6 gewen.

   Dinsdag het die Bloues 'n hele paar klassieke drieë gedruk. Hul pak voorspelers het by tye geskitter, terwyl die agterlyn ook sy geleenthede goed gebruik het. Hennenman verdien lof deurdat hy nooit tou opgegooi het nie.

   Die groot uitblinkers vir die Bloues was die skakelpaar Michael Claassens en Gerrie Kok onder die agterspelers, terwyl Jaco Botes, Johan Botha en Riaan van den Berg die beste voorspelers was. Vir Hennenman het haker André du Plessis, flank Hercu Oosthuizen en senter Wimpie Botha goed gespeel.

   KHS se sewe drieë is gedruk deur Callie Kruger (2), Jaco Botes (2), Marius Wessels, André Bam en Michael Claassens. Gerrie Kok het met ses doelskoppe geslaag. Vir Hennenman het André du Plessis en Dawid Wiid elk 'n drie gedruk.




Back to top     Back to top

© 2000 Noordelike Stem/Northern Times - All Rights Reserved