SES o.19-rugbyspelers van Kroonstad is in die oefengroep van 30 en 10 reserwes ingesluit wat vandeesweek aan oefensessies in die Noordwes-stadion in Welkom deelneem.
'n Verdere oefengroep bestaande uit 30 spelers sal vanaand aangekondig word, terwyl 'n span van 22 spelers op 29 Augustus gekies word.
Hulle oefen weer op 31 Augustus en speel op 2 September in Port Elizabeth.
Die ses Kroonstadters is Arno van der Merwe van Afrikaans Hoër (AHS), kaptein van een van die spanne, JP Kearney (AHS), Adriaan Ludick (AHS), Johan Smal (Kroonstad-rugbyklub), Jeffrey Jacobs (AHS) en Kennie Schoeman (Kroonstad-rugbyklub). Henry Kershaw is die spanbestuurder, Tewie Botha die afrigter, Deon Swanepoel die hulpafrigter en Richard Thembekile die mediese assistent.