LEERLINGE van die Laerskool Kroonheuwel het agt A++-simbole op vanjaar se Millennium-kunsfees behaal (sien foto), terwyl die senior koor die wennermedalje as die beste laerskoolkoor behaal het.
Die gedramatiseerde spreekkoor, bestaande uit Elrize Louw, Barbara Wessels, Cielie Joubert en Nathalie Barnard, het 'n A+ gekry.
Die formele spreekkoor se groep 1K het 'n A ontvang, die 1M 'n B+ en groep 2C ook 'n A.
Die volgende leerlinge het 'n A+ in verskillende nommers behaal:
Nathalie Barnard (5), Nadia Leonard, Jolandie Marx, Jean-Marie le Roux (2), Elrize Louw (2), Lizanne Kruger, Elanie Rupping (2), Jean Roos, Elzette Watson, Jaco Visagie, Barbara Wessels, Cecile Burger, Joné van Vuuren, Suzelle Steenkamp (2), Carli de Wet (4), Kalinke Ferreira, Marisa de Wet (5), Janél Viljoen, Armand Marx, Christa Oosthuizen, Stacey Duffen (2), Dinette Venter (3), Malani Gryffenberg (3), Jolinda Hugo (2), Talia Russon en Juliana Geldenhuys (2).
Altesaam 24 leerlinge het 34 A+-simbole vir hul prestasies ontvang.