|
BRIEWE
Een hand was die ander
Bossiekop van Sasolburg skryf:
Ek stem 100% saam met briefskrywers se klagtes oor Sasolburg se tuine wat so verwaarloos het. Waar ons voorheen bekend gestaan het as die mooiste en skoonste dorp is dit nou net die teenoorgestelde.
Empatie met pa se optrede
Tannie Mathie van Vanderbijpark skryf:
Na aanleiding van Vaalweekblad se onlangse voorbladberig en -foto van die meisietjie wat beseer is nadat 'n dronk man teen hulle vasgery en haar pa hom gefoeter het, wil ek net sê: mnr. Elandre Alberts, meer mans moet so optree en die dronklap pap slaan.
|