|
WEGBREKE
Volg 'n bergfietsroete by Hogsback
HOGSBACK in Oos-Kaap kruip onder 'n mens se vel in en gaan sit in jou bloed. As jy eers eenkeer daar was, sal jy verseker teruggaan.
Langberg ideale naweekstap
IN die sagte strale van die vroegmôre-son wip-wip die basterwaterbokke tussen die Suid-Vrystaat se grassies deur en verdwyn tussen bosse.
Ficksburg wag om ontdek te word
EERS gaan dit maar rukkerig en sukkelrig. Maar sommer in 'n japtrap kry ek die ratte met my voet opgestoot en woerts die vierwielmotorfiets vorentoe as ek vet gee.
Nuwe NK-roete waaghalsig, maar veilig
Van ysterklippe wat skokbrekers wiks tot satynsagte riviersand waarin breë buitebande diep wegsak, balanseer die weegskaal op die Grensdraad-viertrekroete, 'n nuutjie vir geesdriftiges in Noord-Kaap.
By Holhoek is berge vir gestremdes toeganklik
'n Besonderse staproete vir mense in rolstoele, bejaardes of ander verswaktes word op 3 Desember, Internasionale Dag vir Gestremdes, 17 km van dié dorp op die plaas Holhoek van die Amerikaner mnr. Rory Rouse geopen.
In die hart van Noord-Kaap huil die duine
Halfpad teen die duin op, hoor ek dit. Wroem-wroeeemmm. Ek gaan staan stil en luister. Daar is niks nie, net die wind. Ek gee nog twee tree teen die sand op. Daar's dit weer. Wroeemm-wroeeeemmm.
Op reis deur Noord-Kaap by nêrens verby
BY Omdraaisvlei is jy te ver, by Diklipspoort is jy van koers af. By Uitvlug moet jy swenk na Draghoender, dan het jy Kalkgate-se-Loop oorgesteek en Uitspanberg laat staan.
Stap tussen torings en kastele van sandsteen
'n GROEP stappers van Bloemfontein het net voor die winter toegeslaan het, 'n avontuurlike staptog in die suidelike Drakensberge naby Elliot aangepak. Dit is hier waar die sandsteen sulke fantastiese torings en kastele vorm soos wat 'n mens in die verte kan sien as jy oor die Barklypas tussen Elliot en Barkly-Oos ry.
'n Ribbok, 'n patrys en 'n forel is die uitdaging
Die berg leun met sy swaar jas teen die koue noordewind, die sneeu bleek op sy skouers.
Sprei jou vlerke en kies koers na die wolke
VRY soos 'n voël. Die "voël" met die spitsvlerke beur met 'n brom in sy bors na die wolke, hang 'n oomblik doer bo, draai om en gly met die strale van die ondergaande son na die grond.
Gamkaskloof waarlik prentjie uit tydskrif
AGTER ons lê die feeswaas van Oudtshoorn, waar mense in rye staan vir kaartjies en stukke vleis, waar plakkate geboue oortrek soos klipmos. Kinders staan in die son en roomys lek. Voor ons ry so ses ander 4x4's deur die pragtige voetheuwels en valleitjie op pad Swartbergpas toe. Langs die pad lig 'n ou man stadig 'n pyp en sit dit in sy mond, 'n vrou wat stap gaan staan en kyk oor haar skouer, drie kinders speel op 'n draad teen 'n blou lug en 'n klippiespad. Ons is op pad na Rustig. Deur TOAST COETZER.
Lang roete van voetslaanpad die moeite werd
DIE Outeniqua-voetslaanpad is steeds een van die langste voetslaanpaaie in ons land, al is die beginpunt van George na Beervlei naby Hoekville verskuif. Gelukkig kan die Outeniqua by jou beskikbare tyd aangepas word -van dagstaptogte tot staptogte van twee dae of langer.
Moordkuilroete nie vir die onervare 4x4-bestuurder
NABY Grootbrak aan die Tuinroete vind 'n mens die mooiste lowergroen, waterryke klowe. Tot in een van hierdie klowe het die aanwysings na die Moordkuilviertrekroete ons geneem.
Dié sandry-roete groot pret vir hele gesin
DANIE SNYMAN is die gasheer van die Incopho-4x4-klub wat minstens een keer per maand 'n interessante roete in Wes- of OosKaap besoek. Snyman-hulle het vroeër vandeesmaand die Moordkuil-viertrekroete en die Vleesbaai-viertrekroete besoek.
'n Vangs of nie, dis 'n visvangparadys dié
DIT reën walvistrane uit die pikgietswart nag. Die water stort uit die donker oor ons uit. Ons gly-gly die slymerige paadjie teen die rotse uit, visstokke en swaar visvanggerei in die hand.
Angola is nie die plek vir 'n gesinsvakansie nie
ANGOLA is nie die plek vir 'n ideale gesinsvakansie nie: Konflik oor langer as 40 jaar het die infrastruktuur van die land goed verrinneweer, die paaie is afgryslik, die natuur is onherbergsaam, kraanwater is ondrinkbaar, tropiese siektes sluip rond soos brullende leeus en die muskiete is so groot, hulle het landingstroke nodig.
Clarens - waar naweek soos vakansie voel
OP 'n Sondagmiddag in Clarens kan jy die Gautie 'n myl weg sien. Dis die ou met die lang gesig, die een wat moet huis toe ry vir nog 'n week in die kantoor.
Park se uitgestrekte skoonheid brand lank in jou
IEMAND klop aan die delwershuisie se venster. Tok-tok-tok. Toktok-tok. Wie kan dit wees? Hier is tog min besoekers in die Vaalbos- Nasionale Park.
Hou kop en hou koers op uitstappie
DIT is met skok dat ek verlede jaar verneem het van die tragiese dood van Jan Snel, 'n Nederlandse burger wat in Junie in die omgewing van die Brandberg in Namibië gesterf het. Snel het beswyk weens blootstelling en 'n gebrek aan water. Sy vrou het oorleef.
Ry hier 'n ander dimensie binne
DIT was 'n verskriklike stuk pad. Van Sesfontein na Purros in Kaokoland kronkel dit 100 km ver deur 'n eiesoortige mooi, barre woestynwêreld. Op die oog af lyk die pad maklik rybaar, maar onder die sagte rooi sand skuil 'n ruwe sinkplaat wat die bakkie laat bokspring en skud sodat jy aan alles moontlik moet vasklou.
Stewige stap deur geskiedenisryke Korannaberg
WAT het koningin Victoria se seun, prins Edward, pres. Reitz, 'n Zoeloe met die naam Jonas van Tonder uit Dingaan se kraal, die mynmagnaat sir Abe Bailey en Magul, 'n Koranna-kaptein, gemeen?
|