|
ARTIKELS
Werk spaarsaam met battery in boendoes
RETHA FORSTER van Bloemfontein se tweede battery in die sleepwaentjie, waar die yskas geberg is, was ná enkele dae pap en sy wil weet waar die fout kon insluip aangesien alles nuut gënstalleer was.
Skattejag nog prettiger met nuwe tegnologie
GEOBERGING is 'n onderhoudende avontuurspeletjie vir gebruikers van 'n globale posisioneringstelsel (GPS) wat wêreldwyd al hoe gewilder raak, aangesien die hele gesin daaraan kan deelneem. In Januarie vanjaar was daar reeds 38 626 geoskatte in 157 lande ter wêreld.
Polisielede leer die kuns van 4x4-bestuur
'n VIERTREKVOERTUIG is nie alleen verantwoordelik vir alles wat só ryding in rowwe terrein kan vermag nie - trouens, soms is die insette van die bestuurder belangriker as die vermoë van die voertuig.
Beplande ontwikkeling bedreig watervalle
EEN van Namibië se bes bewaarde geheime kan dalk eersdaags verdwyn as die Namibiese regering sy sin kry.
Mense moet saam kom feesvier
VICTORIA-WES se Kontreifees, waar kos en klanke jou sal kielie, vind op 25 en 26 Junie plaas. Hierdie Karoodorp en sy mense nooi almal uit om saam met hulle te kom fees vier en die hart van hul kontrei te ervaar.
Skeurtandhaai moet oppas as dié manne ingooi
AS die mielieboere gaan seevisse uittrek, is dit 'n ernstige saak. Die manne tuis wat glo hulle sit net 'n stuk pap aan die hoek en dit krioel van die haaie, het dit mis.
Jaggeweerskiet ook sport
MNR. WILLEM BOTHA het in 1994 'n droom gehad om jaggeweerskiet as 'n sport te vestig - en hy het, in sy woorde, "blerrie hard gewerk" om dit gevestig te kry.
Vandag is dit 'n volwaardige Suid-Afrikaanse skietsport.
Holgate-gesin pak nuwe Afrika-avontuur aan
"Mens hoef nie altyd ver te reis om avontuur te vind nie. Maar ja, Afrika bly maar die plek om dit te soek."
Riglyne vir 4x4's op strande word mooi gepoets
Die regering beoog om sy riglyne oor vierwielaangedrewe voertuie op strande te verfyn sodat dit meer doeltreffend toegepas kan word.
Viertrekroete naby stad geleë
BLOEMFONTEINSE viertrekgeesdriftiges kan nou letterlik in hul agterplaas 'n viertrekervaring geniet, danksy die besonderse nuwe 4x4roete wat onlangs in Langenhovenpark geopen het.
Skouspel langs dié pad keer vervelige rit
MY padkaart sê nie of dit 'n mooi roete is nie. Dis plat. Eendimensioneel. En die lyntjies, soos aartjies wat die lewensnoodsaaklike organe van stede en dorpe met mekaar verbind, vloei klaarblyklik sonder raad of rede herwaarts en derwaarts.
Herken die gevaarlike stadiums van verdwaal
Ek was ook al in die ongemaklike en senutergende situasie van verdwaal. Toe was dit vir my 'n onaangename ondervinding, maar nou (ietwat ouer en wyser) besef ek dat die Voorsienigheid, so glo ek, dit so beskik het sodat ek raad kan deel vanuit eerstehandse ondervinding.
Huur ATV vir dag van avontuur
RY 'n alleterreinvoertuig (ATV) oor die hele Suid-Afrika. Adrenalienslawe kan by www.adventureaddicts.com of www.africandream.org besoek aflê om 'n dag se avontuur te beplan.
Oorgrenspark yslik
Wanneer die Maluti-oorgrenspark binnekort tot stand kom, sal dit van kant tot kant oor meer as 300 km strek en naas die Kruger- Nasionale Park en Kgalagadi-oorgrenspark, die grootste in Suidelike-Afrika wees.
Jagbeperkings op sekere bokke gehef
Weens kwynende getalle van sekere wildsoorte in die distrik Riversdal word hulle deur jagbeperkings beskerm.
Junior jagters hier geslyp
VELDSKOLE vir junior jagters -spesifiek om seuns en meisies se kennis oor die buitelewe, ekologie en jagspesies te verbreed - word die afgelope vier jaar al met groot sukses aangebied.
Veel te sien in Tulbagh
IN die distrik Tulbagh is tientalle plekke en bedrywighede wat beslis 'n besoek werd is. Fynproewers kan gerus 'n draai by die verskillende wynkelders en -landgoedere maak.
Nuwe wetgewing raak vuurwapeneienaars
DIE nuwe Vuurwapenwet wat na verwagting later vanjaar geïmplimenteer word, het jagters en vuurwapeneienaars aan die gons.
|