Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Só gaan Indië wêreld-toneel herskik
Sedert 2003 groei die ekonomie van Indië met 'n verstommende pas van sowat 9% per jaar.
Donker wolke hang oor ekonomie
Die donker groei- en inflasiewolke oor die ekonomie gaan nie gou wyk nie.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
    Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Mboweni wants higher rates
SA needs private sector boost
Slow but steady for Reunert
Beeld
'Beskerm ons teen misdaad!'
Een dood, 88 beseer in Pta-busongeluk
‘Ons gaan julle nou ook slaan’
News24
Mom dies 3yrs after spider bite
Armed men rob bank customers
Alex violence flares up again
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
SA volg ‘verkeerde’ groei-pad
08/05/2008 21:52  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Amanda Visser

Suid-Afrika het die verkeerde groeipad ingeslaan en dié groei wat wel ervaar word, is onvolhoubaar. Daar is egter nog omdraaikans.

Dit is van die belangrikste bevindings van die groep internasionale kundiges wat in opdrag van die regering navorsing gedoen het oor struikelblokke in die pad van die versnelde en gedeelde groeiplan (Asgisa).

Die bevindings is gister bekend gemaak.

Dié groep, onder leiding van prof. Ricardo Hausmann, het ’n lys van 21 voorstelle aan die hand gedoen oor hoe die land sy werklike groeipotensiaal kan bereik.

Mnr. Lesetja Kganyago, direkteur-generaal van die nasionale tesourie, sê Suid-Afrika sal nou aansienlik meer aandag aan uitvoer moet gee.

“Ons is in staat om dit te doen en die span het ook vertroue dat die land dit kan doen. Nou begin die gesprekke oor die pad vorentoe,” sê hy.

Die voorstelle is nog nie deur die kabinet oorweeg nie.

Die land se toekomstige strategie lê in drie woorde: uitvoer vir werk.

Die arbeidsmag in Suid-Afrika leen hom tot vervaardiging, landbou en mynbou, maar die sektore wat die sterkste gegroei het, is dié waar daar die minste vaardighede is.

Suid-Afrika se uitvoer is van die laagste ter wêreld. Van 1960 tot 2004 het die werklike waarde van uitvoer met 34% toegeneem.

Daarenteen het Botswana se uitvoer met 1 887% gegroei, Maleisië (4 392%) en Mexiko (1 277).

Hausmann en sy span sê struikelblokke in die pad van robuuste uitvoer is die vlak en wisselvalligheid van die rand, die handelsbeleid en tariefbeskerming, gebrekkige infrastruktuur, die arbeidsmark en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Mnr. Dave Mohr, ekonoom van Citadel, sê hy was nog altyd ’n voorstander van groei wat inpas by die verspreiding van vaardighede wat in ’n land beskikbaar is.

“Die finansiële sektor is afhanklik van ander skeppers van groei, en die ware skeppers van groei maak goed wat verkoop kan word.”

Die span vra ’n nuwe benadering tot die wisselkoers, die Reserwebank se rol in die beheer van die inflasiekoers én die wisselkoers, die behoud van vaardige wit mense, die SEB-telkaart en indiensneming.

“Werkgeleenthede moet pas by die mense wat jy het, nie by die mense wat jy wens jy het nie,” sê Hausmann.

Fiskale beleid moet ’n groter bydrae tot besparing lewer, die nywerheidsbeleid moet nuwe uitvoergeleenthede aangryp, skaars vaardighede moet vinniger ingevoer word, en die sektorale opleidingstelsel (setas) moet hervorm word.

Daar word ook voorgestel dat ’n loonsubsidie vir jeugdiges ingestel word om hulle te help met die oorgang van die skool na die werkplek.

Die span het ook gewys op die loonverskille tussen vakbond- en nie-vakbondlede. In die vervaardigingsbedryf was 40% van die werkers in 2004 lid van ’n vakbond, terwyl die nasionale gemiddelde minder as 30% was.

“Vakbondstrategie moet die voordele van hoër lone vir dié wat in diens is, opweeg teen groter werkskepping, veral in vervaardiging.”

Net 42% van Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking het werk, terwyl dié syfer in vergelykbare ekonomieë nader aan 65% is. Dit beteken dat as Suid-Afrika ’n soortgelyke indiensnemingsyfer gehad het, nog 6 miljoen mense werk sou hê.

Die span glo die behoud van álle vaardige Suid-Afrikaners en die lok van buitelandse vaardighede sal help om loonongelykhede reg te stel.

Die seta-stelsel los nie die vaardigheidsprobleme op nie. Daar moet ’n losser samestelling van die setas wees en maatskappye moet toegelaat word om hul heffings te skuif na die seta van hul keuse. Die span beveel ’n “stopklousule” (sunset clause) vir SEB en die afskaffing van buitelandse valutabeheer aan.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Tito waarsku nuwe regering nou al
  Sasol verwag laer brandstofproduksie
  Duur olie hou SAL in rooi, al is 2 000 werkers weg

Volksblad
  LUR moet R10 m. opdok
  Nuwe kompetisie begin vandag
  Moontlike aanvalle afgeweer



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae