Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Coega-projek kyk verder as Eskom
Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.
‘Olie te hoog geskat, dog sal nie tot $80 daal’
Olie is fundamenteel oorgewaardeer.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
    Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Power price: Find a compromise
Gold soars above $900
BEE deal gets the thumbs up
Beeld
Oscar se pad oop Beijing toe
Rowers skiet hom 4 keer in sy huis
Datum vir Zim-uitklopverkiesing bekend
News24
Oscar can't stop smiling
'Alex violence must be stopped'
ANC: SA can't afford power hike
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
ANC, Cosatu wil 3 smelters se krag sny
12/05/2008 03:11  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jan de Lange

Die ANC-Cosatu-alliansie eis dat die verskaffing van elektrisiteit aan die aluminiumsmelters van BHP Billiton op Richardsbaai en Maputo hersien moet word “in pas met die land se strategiese behoeftes”.

Die alliansie-vennote het dié besluit in die naweek tydens hul beraad in Midrand geneem – minder as ’n maand nadat BHP Billiton sy verbintenisse met Standard Bank beëindig het omdat ’n topamptenaar van Standard die verskaffing van elektrisiteit aan die smelters bevraagteken het.

Mnr. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het gister gesê die komende elektrisiteitskonferensie van die ANC, wat Vrydag in Johannesburg gehou word, sal ook aandag gee aan die beoogde hersiening. “Die alliansie sal aktief deelneem aan die studie om vas te stel wat die kostes en voordele van dié smelters vir die land is,” lui die verklaring wat die alliansievennote uitgereik het.

Volgens Mantashe sal die alliansie se provinsiale strukture in KwaZulu-Natal, waar BHP Billiton se Hillside- en Bayside-smelter geleë is, ook gevra word om insette te lewer oor werkgeleenthede wat die twee smelters in Richardsbaai bied.

Die Hillside-smelter verbruik sowat 1 200 MW se elektrisiteit wanneer hy piekproduksie bereik en die Bayside-smelter sowat 600 MW. Bayside word egter afgeskaal sodat die twee aanlegte 10% minder elektrisiteit verbruik.

Die Mozal-smelter digby Maputo, wat ook aan BHP Billiton behoort, verbruik net soveel elektrisiteit soos Hillside. Dit word ook deur Eskom verskaf.

As elektrisiteitstoevoer na ál drie smelters opgeskort word, sal die besparing aan elektrisiteitsverbruik heeltemal genoeg wees om ’n einde te maak aan die hele land se elektrisiteitsprobleme.

Die inhoud van die kontrakte vir die verskaffing van elektrisiteit aan Hillside en Mozal is een van die bes bewaarde geheime in die land.

Die kontrakte bepaal die tariewe waarvolgens Eskom vergoed word vir die enorme hoeveelhede elektrisiteit wat hy aan die twee fabrieke lewer.

Tydens die bou van Hillside het mnr. Alan Morgan, destyds uitvoerende hoof van Eskom, net gesê die tariewe word bereken volgens die Amerikaanse dollarprys van aluminium soos in termynkontrakte op die Londense metaalbeurs bepaal word.

Die prys van die metaal het die afgelope drie jaar dramaties gestyg, wat beteken dat Eskom aansienlike winste uit die kontrak behoort te maak.

Die kwessie sal ook Vrydag bespreek word op ’n energiekonferensie wat die alliansie-vennote in Johannesburg reël.

Die konferensie sal glo alle aspekte van energiebeleid bespreek en nie net elektrisiteitstariewe nie.

Die alliansie-vennote het Eskom se versoek om elektrisiteitstariewe met nog 53% te verhoog “eenparig” verwerp.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Eskom gee konsortium R2,9 miljard-kontrak
  Kragkonferensie soek oplossing
  Rekordprys vir blou diamant

Volksblad
  Skokfonds in winkel
  Man moet jaar sit oor wild
  Afgebrande huis word gefynkam



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae