Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Coega-projek kyk verder as Eskom
Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.
‘Olie te hoog geskat, dog sal nie tot $80 daal’
Olie is fundamenteel oorgewaardeer.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
    Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Power price: Find a compromise
Gold soars above $900
BEE deal gets the thumbs up
Beeld
Oscar se pad oop Beijing toe
Rowers skiet hom 4 keer in sy huis
Datum vir Zim-uitklopverkiesing bekend
News24
Oscar can't stop smiling
'Alex violence must be stopped'
ANC: SA can't afford power hike
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Fifa sleep Metcash hof toe oor suigstokkies
12/05/2008 03:06  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Antoinette Slabbert

’n Klein, ronde suigstokkie met ’n sagte kougomhartjie bedreig die Wêreldbeker-sokkertoernooi 2010 en daaropvolgende Wêreldbeker-sokkertoernooie.

Só sê die internasionale sokkerbeheerliggaam Fifa in dokumente voor die Pretoriase Hooggeregshof.

Fifa doen aansoek om ’n interdik wat Metcash Trading Africa sal verhoed om die merk “2010 Pops”, waaronder hy sy suigstokkies bemark, verder te gebruik. Hy wil ook keer dat Metcash “2010” saam met afbeeldings van die landsvlag en sokkerballe mag gebruik om enige lekkernye te bemark.

Metcash verkoop verbruikersgoedere deur sy winkels, waaronder Cash & Carry, Trade Centre en Stax en Friendly Supermarket en verspreidingsentrums en het ’n jaarlikse omset van meer as R10 miljard.

Fifa voer aan dat Metcash inbreuk maak op sy handelsmerk “South Africa 2010 Bid”.

Metcash skep volgens Fifa die indruk dat hy ’n verbintenis met Fifa of die Wêreldbeker-sokkertoernooi 2010 het of dat die suigstokkies deur Fifa of een van sy agente vervaardig word.

Fifa beweer verder dat Metcash onwettig met hom meeding en probeer om onregmatig “spesiale promosie-voordele” uit die toernooi te kry.

Dit sal Fifa na verwagting meer as R5 miljard kos om die Wêreldbeker-sokkertoernooi aan te bied.

Dít word gefinansier deur die verkoop van uitsaairegte, borgskappe en regte om Fifa se intellektuele eiendom, waaronder handelsmerke, op handelsware te gebruik.

Volgens Fifa is dié inkomste daarvan afhanklik dat sy kliënte “ ’n mate van eksklusiwiteit” geniet met betrekking tot die voordeel wat hy trek uit sy verbintenis met die toernooi.

Met sy gebruik van die merk “2010 Pops” of “2010” tesame met ’n afbeelding van die landsvlag en sokkerballe op sy suigstokkies of enige ander lekkernye, bring Metcash volgens Fifa dié eksklusiwiteit in gedrang.

Só bedreig die suigstokkie die Wêreldbeker-sokkertoernooi en daaropvolgende toernooie.

Fifa beroep hom op die wet op handelsmerke en ’n verbod op lokvalbemarking.

Metcash het in hofstukke ontken dat hy lede van die publiek onder die indruk sal bring dat hy deur ’n borgskap of ander ooreenkoms aan Fifa of die toernooi gekoppel is.

Die maatskappy sê hy is al jare lank baie betrokke by sokkerontwikkeling.

Hy het besluit om sy suigstokkies met ’n sokkertema te bemark om voordeel te trek uit sy verbintenis met die sport.

Die suigstokkies word verder bemark onder die gevestigde Astor-handelsnaam as een van ’n reeks produkte wat net in Metcash se winkels beskikbaar is.

Die Astor-handelsnaam was in 2007 vir Metcash R127 miljoen werd.

Die suigstokkies is al in Desember 2004 bekend gestel en het al R3,3 miljoen vir Metcash verdien.

Metcash het glo die jaartal “2010” by sy suigstokkiebemarking ingesluit omdat ’n omvattende sokkerontwikkelingsprojek genaamd Shona Khona waarby hy betrokke is, dan ten einde loop. Die advertensiekoste vir dié projek beloop volgens Metcash R3,8 miljoen per jaar.

Die maatskappy bevestig egter dat dié besluit geneem is teen die agtergrond van die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat sokkerkoors in 2010 tot ’n hoogtepunt sal voer.

Metcash beskuldig Fifa daarvan dat hy ’n monopolie wil hê oor die gebruik van goed soos die landsvlag en ’n jaartal.

As Fifa se vertolking van die relevante wetgewing aanvaar word, sal dit indruis teen grondwetlike beginsels soos vryheid van spraak en eiendomsreg op sy eie handelsmerk, sê Metcash.

Hoewel die saak na verwagting eers volgende jaar aangehoor sal word, sal dit rigting gee oor die beperkings op sakelui se reklame in die aanloop tot die toernooi in 2010.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Eskom gee konsortium R2,9 miljard-kontrak
  Kragkonferensie soek oplossing
  Rekordprys vir blou diamant

Volksblad
  Skokfonds in winkel
  Man moet jaar sit oor wild
  Afgebrande huis word gefynkam



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae