Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Firma-leierskorpse steeds erg manlik
13/05/2008 00:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

René Vollgraaff

Die staat neem steeds die voortou met transformasie op grond van geslag.

Maar hoewel 54,76% van alle staatsamptenare vroue is, is vroue steeds onderverteenwoordig in senior bestuursposte en verdien hulle dus minder as mans.

Die sakevroue-vereniging (BWA) het gisteroggend in Sandton die resultate van sy vyfde jaarlikse sensus – vir die jaar tot 30 September verlede jaar – oor vroue in korporatiewe leiersposte bekend gemaak.

Die sensus meet die prestasie van 318 JSE-genoteerde maatskappye en 17 staatsbeheerde ondernemings. Vanjaar is staatsdepartemente vir die eerste keer deel van die sensus.

Hoewel die resultate van die sensus volgens me. Basetsana Kumalo, president van die BWA, steeds daarop dui dat transformasie baie stadig plaasvind, lyk dit heelwat beter as dié van die eerste sensus in 2004.

In 2004 was net 14,7% van alle maatskappye se uitvoerende bestuurslede vroue. Net 7,1% van die direkteure was vroue. Vanjaar is dit onderskeidelik 25,3% en 14,3%

Dít moet egter gesien word teen ’n agtergrond van waar vroue 42,4% van Suid-Afrika se werkende bevolking uitmaak en slegs 7,8% van die uitvoerende hoofde en direksievoorsitters vroue is.

Altesame 37,6% van die maatskappye wat aan die sensus deelgeneem het, het boonop steeds geen vroue in hul direksies nie.

“Daar is maar 419 vrouedirekteure in Suid-Afrika teenoor 2 505 mans in direksieposte,” het me. Yvette Montalbano, uitvoerende hoof van die BWA, gesê.

“Ons kan dus nie dié reeds gemarginaliseerde groep volgens ras ook verdeel soos mnr. Jimmy Manyi verlede jaar voorgestel het nie.”

Manyi, voorsitter van die Kommissie vir Billike Indiensneming, het verlede jaar groot ontevredenheid veroorsaak met sy voorstel dat wit vroue nie langer by regstellende aksie behoort baat te vind nie.

Mnr. Brian Khumalo van Leaders Unlimited was lid van ’n paneel wat die resultate van die sensus bespreek het. “Die stadige pas van veranderings skets ’n onstellende prentjie,” het Khumalo gesê. “Tensy ons ons sokkies optrek en dié situasie anders benader, gaan daar nooit genoeg verandering wees nie.”

Me. Nombulelo (Pinky) Moholi, Nedbank se hoof van groepstrategie en bemarking, het ook gesê die resultate is steeds baie swak.

Volgens haar is die feit dat die meeste direkteure geoktrooieerde rekenmeesters (GR’e) is, ’n verdere struikelblok vir vroue aangesien daar ’n groot tekort aan vroue-GR’e in Suid-Afrika is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) se jongste syfers is daar slegs 6 822 vroue-GR’e in die land teenoor 20 225 mans wat dié kwalifikasie het.

“Ek voorspel dat daar in die volgende vyf jaar nie veel verandering sal wees nie,” het Moholi gesê.

“Die staat se voorbeeld word nog nie regtig deur die private sektor gevolg nie.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae