Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6300 Rand/£: 15.1800 Rand/€: 11.9900 Gold $/oz: 929.12 Platinum $/oz: 1735.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Obama draws 200 000 in Berlin
Robbed singer 'prayed out loud'
Steyn has fractured thumb
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Boelie Eskom kos SA baie
13/05/2008 00:28  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

James-Brent Styan

Eskom se program vir voorkomende beurtkrag, wat die land se ekonomie miljarde rande gekos het, kon moontlik verhoed gewees het, beweer mense uit verskeie oorde wat glo Eskom het ander opsies gehad.

“Eskom het die besluit om beurtkrag toe te pas geneem sonder om voldoende inspraak deur ander rolspelers te verkry. Eskom het sy vernaamste klante, wat kragverspreiders soos munisipaliteite en instellings soos Citypower van Johannesburg en Centlec van Bloemfontein, eenvoudig geboelie om voorkomende beurtkrag toe te pas. Daar is nooit gevra of daar ander opsies as beurtkrag is nie,” het mnr. Leon Kritzinger, ingenieursafdelingsbestuurder van Centlec, gister gesê.

Mnr. Louis Pieterse, senior bestuurder van elektrisiteitsvoorsiening by Citypower in Johannesburg, het bevestig dat Citypower nooit ’n keuse gehad het (oor beurtkrag) nie. “Ons is nooit genader oor of beurtkrag moes geskied of nie. Ons is net gevra hoe beurtkrag toegepas kan word.”

Mnr. George Ferreira, hoof van elektrisiteit van die Nelson Mandela-munisipaliteit (Port Elizabeth), het gesê daar moet onderskei word tussen noodbeurtkrag en voorkomende beurtkrag.

“Soms is beurtkrag noodsaaklik om die netwerk stabiel te hou, maar dit is veral in piektye as die land krag tot die maksimum gebruik, dat dit die geval is. Maar wanneer beurtkrag oor naweke plaasvind of ander tye wat nie piektye is nie, het beurtkrag geen voor die handliggende nut nie. Ons het nooit saamgestem met dié soort voorkomende beurtkrag nie,” het Ferreira gesê.

Volgens Kritzinger was beurtkrag in Januarie noodsaaklik, maar daarna was daar ander opsies as voorkomende beurtkrag. “Dié opsies is net nooit ernstig oorweeg nie.”

Kritzinger glo kragverbruik landwyd kon in piektye met beter bestuurspraktyke doeltreffend versprei en beheer gewees het.

“Sulke praktyke sou byna kosteloos toegepas kon word, met ’n onmiddellike uitwerking en geen behoefte aan beurtkrag nie,” het hy gesê.

Van die opsies wat genoem word, sluit in beheer oor geisers deur afskop-skakelaars en verdeling van die land in tydsones.

“Die probleem is nie dat daar nie genoeg krag is nie, die probleem was altyd dat kragverbruik in sekere tye ’n piek bereik wat die kragnetwerk onder druk plaas,” het Kritzinger gesê.

Ferreira stem saam dat daar ander opsies was.

“Dié opsies sou in verskillende mate suksesvol wees en die meeste van die opsies sou waarskynlik kosteloos ingestel kon word. Ek glo voorkomende beurtkrag was ’n eerlike poging van Eskom om die boodskap aan verbruikers deur te gee om meer energiedoeltreffend te word, maar ek dink nie die besluitnemers het besef wat die impak op die ekonomie sou wees nie,” het hy gesê.

By navraag het Eskom gesê hy het “in Januarie met belangrike nywerheidskliënte en munisipaliteite vergader om sy Nasionale Reaksieplan bekend te stel waarmee Eskom die stelsel wou stabiliseer”.

Inligting met betrekking tot voorkomende beurtkrag is op dié vergadering met die rolspelers en die media gedeel.

- Mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof van Eskom, het gister gesê Suid-Afrika het in April sowat 7% elektrisiteit gespaar.

Hy het pres. Thabo Mbeki en ’n spesiale presidensiële werkgroep ingelig oor die stand van elektrisiteitsvoorsiening, berig Sapa.

In ’n verklaring is gesê hoewel die besparing welkom is, is dit steeds laer as die teiken van ’n 10%-besparing.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae