Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6800 Rand/£: 15.2400 Rand/€: 12.0300 Gold $/oz: 927.40 Platinum $/oz: 1710.00 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Kredietversekering ‘sal verder ondersoek moet word’
13/05/2008 08:09  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Leuvennink,


Kredietversekering is ’n moeilike terrein waarna verder gekyk sal moet word. Dít was die kort opsomming van mnr. Nhlanhla Nene, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies, nadat die komitee Vrydag deur oudregter Peet Nienaber en verteenwoordigers van die versekeringsbedryf ingelig is oor ’n verslag wat ’n ondersoekpaneel van kundiges onder sy leiding onlangs daaroor uitgereik het.

Die verslag het bevind dat oortredings van regulasies wel in bedrywe soos die motorbedryf voorkom ten opsigte van die betaling van kommissie aan handelaars wat kredietversekering verkoop. Nienaber het egter beklemtoon dat versekering om kredietaan?kope te dek ’n unieke vorm van versekering is en nie deeglik in die wet omskryf word nie.

Daar is ’n gebrek aan helderheid en konsekwentheid in die wet en die doel van die ondersoek was nie om skuldiges te soek en teen hulle op te tree nie. Eerder is gepoog om die debat oor regulering te verhelder. Hoewel buitensporige kommissies soms betaal word, kan dit teenproduktief wees om ’n beperking of verbod op dié betaling te plaas, het Nienaber gesê.

) Die portefeuljekomitee sal voor die Julie-reses van die parlement ook kyk na die wysigingswetsontwerp op die versekeringsbedryf, wat onder meer gerig is op die afbakening van terreine van mediese versekeringsdekking tussen die versekeringsbedryf en mediese fondse.

Mnr. Gerhard Joubert, uitvoerende hoof van die Vereniging van Lewensversekeraars (LOA), het gesê die LOA erken dat probleme kan ontstaan as versekeraars ál die laerisiko-lede van mediese fondse met goedkoper mediese polisse weglok. Dit sal die hele grondslag van mediesefondsdekking ondergrawe, waar jonger en gesonder lede ouer lede subsidieer. Die LOA het reeds ’n terreinafbakeningsooreenkoms hieroor met die mediesefondsbedryf aangegaan.

Korttermyn-versekeraars het egter tot dusver weerstand gebied teen die beperking van hul bedrywighede op hierdie terrein. Die versekeringsmaatskappy Guard?risk is in die appèlhof vrygespreek daarvan dat hy ’n mediese fonds bedryf, maar die konstitu?sionele hof is nou daaroor genader. Die versekeringswysigingswetsontwerp kan help om groter duidelikheid oor die hantering van hierdie botsings tussen versekeringsmaatskappye en mediese fondse te bring.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae