Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Tito waarsku nuwe regering nou al
13/05/2008 21:52  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

René Vollgraaff

Mnr. Tito Mboweni, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het gisteraand by die bekendstelling van die bank se jongste monetêre-beleidsoorsig ’n bedekte boodskap gestuur aan diegene wat volgende jaar die leisels in die regering oorneem.

Hy het ook gewaarsku dat optrede teen die hoë inflasiekoers nodig is en dat die ekonomie te vinnig groei.

Mboweni het die bank se verbintenis tot die inflasieteiken herbevestig én beklemtoon dat dit deur die huidige regering vasgestel is.

“Maar volgende jaar neem ’n nuwe regering oor wat sal moet besluit wat hy wil hê. Ek kan nie aan die regering sê watter ekonomiese beleid hy moet nastreef nie,” het hy gesê.

“Die sentrale bank van ’n land is net so onafhanklik as wat die regering van die dag hom toelaat om te wees. As die nuwe regering dwaas genoeg is, sal hy daardie onafhanklikheid wegvat, maar as hy slim is, sal hy nie,” het Mboweni gesê.

“Ek glo egter daar is genoeg leierskap in die land om te verseker dat die regering getrou sal bly aan wat die Grondwet oor die Reserwebank se onafhanklikheid sê.”

Mboweni het ook aangedui dat die Reserwebank verder sal reageer op hoë inflasie.

“Inflasie is ’n groter probleem as net stygende voedsel- en oliepryse wêreldwyd. Die monetêrebeleidskomitee (MBK) sal dalk nie daarvan hou dat ek dit nou sê nie, maar dis baie duidelik dat ons moet optree.

“Die ekonomie groei ook nog bo sy potensiaal. Dinge moet ’n bietjie rem aanslaan.”

Mboweni het voorts gereageer op kritiek dat arm mense die meeste onder rentekoersverhogings ly.

“Arm mense het nie huisverbande of sulke skuld nie,” het hy gesê. “Hulle het HOP-huise, dus raak hoër verbandkoerse hulle nie. Dis die middelklas en ryk mense wat nou sal moet besluit of hulle filet of hoendervlerkies wil eet.”

Verder sê die Reserwebank in sy oorsig die moontlikheid van drastiese verhogings in elektrisiteitspryse, waaroor daar vroeg in Junie besluit word, is die grootste en mees dreigende risiko vir monetêre beleid.

Die bank sê monetêre beleid kan nie veel doen aan eksogene skokke soos stygende olie-, voedsel- of geadministreerde pryse nie nie, maar die bank móét reageer anders gaan algemene pryse net nóg verder styg.

Eskom het om ’n 60% prysstyging aansoek gedoen en gevra dat ’n soortgelyke verhoging vir die volgende jaar goedgekeur word.

Verbruikersprysinflasie is al langer as 12 maande bó die teikengrens van 3% tot 6% wat die bank probeer handhaaf en kritiek het al uit verskeie oorde gekom oor of die teiken nog sinvol is.

Suid-Afrika is een van meer as 20 lande wat inflasieteikens ingestel het sedert Nieu-Seeland in 1990 die eerste land was wat dit gedoen het. Hoewel dié beleid oor die algemeen die wisselvalligheid van inflasie en rentekoerse verminder, het heelparty lande die afgelope tyd weens verskeie faktore hul teikens gemis.

In Maart was Nieu-Seeland se inflasiekoers van 3,4% bo sy teiken van 1% tot 3%, Brittanje s’n was op 2,5% bo sy teiken van 2% en Ysland se inflasiekoers van 8,7% was vér bo sy teiken van 2,5%.

Die bank sê die feit dat so baie lande nie hul inflasieteikens kan haal nie, beteken nie dat die beleid van teikens misluk het nie.

“Die beleid maak voorsiening daarvoor dat aanbodkantskokke soms kan meebring dat inflasie van die teikens afwyk. In sulke gevalle is die gepaste reaksie van monetêre beleid om seker te maak dat die tweede-ronde-impak tot die minimum beperk word.”

Inflasieverwagtinge het die afgelope paar maande sterk geklim, wat beteken ekonomiese toestande gaan nog tot 2010 uitdagend bly.

Die Reserwebank het op die MBK se laaste vergadering in April aangedui dat sy eie inflasievooruitsigte ook verswak het.

Stadiger ekonomiese groei, wat nou verwag word, kan uiteindelik inflasiedruk effens temper. “Stadiger groei in ekonomiese aktiwiteite wat veral in huishoudings se verbruikersbesteding en banke se kredietverlening aan die private sektor gesien kan word, is ’n belangrike faktor in dié opsig.”

Volgens die Reserwebank is die grootste risiko vir groei in die streek as beleggers nog meer sku raak weens probleme in Zimbabwe.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae