Huishoudings se besparing negatief
Suid-Afrikaanse huishoudings se spaarvlakke is op hul laagste nóg.
Rand breek deur R7,50
Die rand het gister sy kragtoer teen die dollar voortgesit en deur R7,50 tot R7,4974 verstewig
Untitled Document
Rand/$: 7.5500 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.8600 Gold $/oz: 919.22 Platinum $/oz: 1742.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27373.79 Top 40: 25502.81 FNDI 30: 23029.66 Gold Mining: 2173.11 Resource 20: 58066.07 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Super Group needs a top-up
Koseff: Claims preposterous
Gold firms hammered by protest
Beeld
Stryd in sel om oorlewing
Talle sonder heenkome ná brand
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Ex-cop tells of cell hell
Zuma 'will lead from prison'
Kallis: A man on a mission
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Kritiek op nuwe geldwas-wet verwerp
14/05/2008 08:37  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Leuvennink,


Kritiek van die private sektor dat wetswysigings om optrede teen geldwassery doeltreffender vas te vat ’n groter administratiewe en finansiële las op baie ondernemings gaan laai, is deur verteenwoordigers van die staat verwerp.

Mnr. Pieter Smit, regsverteenwoordiger van die finan?siële-intelligensiesentrum, het gister in sy antwoord op die voorleggings oor wysigings aan die Wet op die Finansiële-intelligensiesentrum (Fica- of geldwasserywet) aan die portefeuljekomitee oor finansies gesê die bykomende laste word oordryf.

Die doelwit van die wysigings is om die sentrum in staat te stel om met administratiewe strawwe en inspeksies op te tree teen instellings wat nie wetsbepalings oor verslagdoening nakom nie.

Deur dié doeltreffender en makliker roete – in teenstelling met ’n misdaadklag in die hof – word gehoop dat geldwassery (die inbring van die opbrengste van misdaad in die formele finansiële stelsel) en die finansiering van terreur beter aan die kaak gestel kan word.

Smit het gesê ál werklike bykomende verpligting is dat ondernemings wat dienste lewer waar groterige kontanttransaksies plaasvind, hulle by die sentrum sal moet laat registreer. Daar is egter geen registrasiegeld nie en registrasie behoort met ’n gewone faks, of elektronies, gedoen te kan word.

Oor bepalings dat die koste van inspeksies deur toesighoudende instellings van die betrokke instelling – soos ’n bank – verhaal kan word, het Smit gesê die sentrum staan ’n diskresionêre benadering voor.

Die meeste inspeksies sal vinnige roetine-aangeleenthede wees met minimale koste wat deur die toesighoudende instelling se eie begrotings gehanteer sal kan word.

In die geval van spesiale ondersoeke – waar besliste rede tot ondersoek is – moet die toesighoudende instelling egter sy oordeel kan gebruik om die koste van die betrokke onderneming te verhaal.

Smit het gesê die beginsel om inspeksiekoste in die finansiële sektor te verhaal, geld in verskeie oorsese lande.

Hy het ook besware verwerp van die reguleringsliggaam vir ouditeure dat parallelle regulering verwarring en duplikasie skep.

Hy het gesê die toesighoudende liggame sal, afhangende van omstandighede, die gepaste magte kan inspan.

Mnr. Murray Michel, direkteur van die finansiële-intelligensiesentrum, het vroeër ook ontken dat die inspeksiestelsel buitensporige uitgawes vir ondernemings sal meebring.

Die voordele van die wetswysigings daarenteen is dat geen moontlike onnodige, potensieel duur en skadelike strafsake gevoer sal hoef te word nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae