Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6800 Rand/£: 15.2400 Rand/€: 12.0300 Gold $/oz: 927.40 Platinum $/oz: 1710.00 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Sakeman Joost se werkgewer al ’n jaar onder vergrootglas
14/05/2008 08:37  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Nellie Brand,


Progressive Investment Holdings (PIH), die onderneming wat die oud-Bok mnr. Joost van der Westhuizen in Maart as bedryfshoof aangestel het, word reeds ’n jaar lank deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) ondersoek.

PIH is een van vier verwante organisasies wat vandeesweek onder voorlopige kuratorskap geplaas is deur die Pretoriase hooggeregshof.

Die aansoek is deur die RFD gebring ná ’n jaar lange ondersoek. In die ondersoek is onder meer bevind dat finansiële dienste na bewering onregmatig gelewer is en die ondernemings glo in stryd met die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (Fais) opgetree het. Die inspekteurs kon luidens hofdokumente glo ook nie sowat R40 miljoen se beleggersgeld opspoor nie.

Van der Westhuizen het gister in ’n verklaring benadruk hy word nog opgelei as uitvoerende hoof om die leisels in Januarie 2009 oor te neem. Dié verklaring is glo uitgereik omdat die media dit “laat klink” het of Van der Westhuizen PIH bestuur.

“Om die oorgang glad te laat verloop, het die huidige uitvoerende hoof, mnr. Freddie Anda?laft, die pos van bedryfshoof vir Van der Westhuizen geskep,” word gesê.

“Joost is niks meer as ’n werker nie. hy is ook nie ’n belegger, aandeelhouer of direksielid nie.”

Van der Westhuizen het op ’n vraag van Sake24 of hy nou gaan bedank, gesê hy het “geen rede” nie. Hy het gesê dat die kuratorskap nog voorlopig is.

Hy het nie vooraf daarvan geweet nie en dit is “nogal ’n skok”. Volgens Van der Westhuizen het hy tot dusver in sy opleiding (waarvoor ’n persoonlike afrigter aangestel is) nog nie oor die maatskappy self geleer nie, maar hoe ’n finansiëlediensteverskaffer werk.

Hy was vóór sy aanstelling wel ingelig deur Andalaft dat daar ’n ondersoek deur die RFD is. “Hy het gesê daar is geen onreëlmatighede by PIH nie,” het hy gesê.

Uit die hofdokument is dit duidelik dat Andalaft al begin Maart deur die RFD genader is oor alternatiewe vir kuratorskap. ’n Vergadering is gehou sowat ’n week vóór die aankondiging oor Van der Westhuizen se aanstelling.

Volgens hom is die idee dat hy R8 miljoen belê om 10% van die maatskappy te koop wanneer hy uitvoerende hoof word.

Die aansoek om die ondernemings in kuratorskap te plaas, is vandeesweek deur mnr. Gerry Anderson as die adjunk- uitvoerende hoof van die RFD en registrateur van finansiëlediensteverskaffers ingedien.

In die bevindings van die ondersoek die afgelope jaar deur inspekteurs van die RFD is talle beweerde onreëlmatighede.

Die ondersoek het gespruit uit ’n klagte van die likwidateur van die Fraser Lesotho Pension Fund. Dié pensioenfonds het in 2000 miljoene rande by Progressive Investment Trust (die trust) belê. Toe die fonds sukkel om die geld uitbetaal te kry, het dit in Januarie verlede jaar by die RFD gaan kla.

Die verslag van die inspekteurs is 15 Februarie vanjaar aan die registrateur oorhandig en dit het gelei tot die voorlopige kuratorskap van die trust; Progressive Asset Management (PAM); National Financial Partners (NFP); en PIH.

In hofdokumente word Anda?laft as die “brein” agter die ondernemings beskryf.

Ook ander pensioenfondse het by die trust belê sonder dat hy gemagtig was om as finansiëlediensteverskaffer op te tree. Dit sluit in fondse van die SA Studbook Provident Fund wat deur die makelaar PSG Konsult by die trust belê is.

Geeneen van die fondse se beleggings is terugbetaal nie.

In Andalaft se beëdigde verklaring word ook ’n verwysing na Ovation (wat ook onder kuratorskap is en bande het met Fidentia) gevind. Ovation was glo voorheen sy administrateur.

Die naam van ’n meer agtenswaardige fondsbestuurder word ook genoem – dié van Dynamic Wealth Management, wat glo Progressive Asset Management se effektetrusts bekom het.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae