Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6800 Rand/£: 15.2400 Rand/€: 12.0300 Gold $/oz: 927.40 Platinum $/oz: 1710.00 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Coega-projek kyk verder as Eskom
15/05/2008 22:01  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Riana de Lange

Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.

Daar is eerder steun vir planne dat Coega ’n kragstasie van sowat R6 miljard vir die Nelson Mandela-metro tot stand bring.

Só ’n inisiatief het die steun van die uitvoerende burgemeester, me. Nondumiso Maphazi, verskeie ministers en belangstellende rolspelers, het mnr. Pepi Silinga, uitvoerende hoof van die Coega-ontwikkelingskorporasie (COK), gesê.

Dié kragstasie sal bydra tot die basislading en sal nie net ’n kragaanleg vir die vraag in spitstye wees nie.

Silinga het Woensdagaand op die jaarvergadering van die plaaslike sakekamer Percci gesê die Coega-nywerheidsontwikkelingsone (NOS) sal nie tot stand kom soos aanvanklik in die vooruitsig gestel is nie.

Buiten die dilemma wat die land se energiekrisis veroorsaak het, het ’n Australiese maatskappy wat op die punt was om in Coega te belê, sowat drie weke gelede in ’n kort nota laat weet hy wil eers sien wat in Zimbabwe gebeur voordat hy enige ooreenkomste onderteken.

Mnr. Siya Mhlaluka, Percci-president, het ook verwys na die nadelige impak van die onsekere situasie in Zimbabwe op Suid-Afrika en die streek se ekonomie.

Sou die aluminiumsmelter deur Rio Tinto Alcan nie voortgaan nie, sal dit nie die grondslag van die Coega-projek ondermyn nie. “Alcan het nie die sakeplan vir die Coega-projek geskep nie en sal dit ook nie uitvee indien sy smelterprojek van die baan is nie,” het Silinga gesê.

Coega is ’n langtermynprojek en uiteindelik sal daar ’n aluminiumsmelter by die nuwe hawe wees – dalk vir Alcan of ’n ander rolspeler.

Silinga het gesê hy kan nie voorgee dat hy weet wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar as ’n mens nie die rigting van die wind kan verander nie, moet jy jou seile daarby aanpas.

Dít beteken die idee van ’n NOS moet dalk laat vaar en eerder na ’n ekonomiese sone gekyk word. In die verlede is gefokus op sektore soos metallurgie, elektronika en voertuigvervaardiging vir Coega, maar dit het nie bio-brandstof en mariene kultuur ingesluit nie, het hy gesê.

Miskien is dit nou tyd vir ’n park vir die uitkontraktering van sakeprosesse (BPO), met Absa wat reeds ’n kontaksentrum by Coega het.

In die eerste maand het dié sentrum sy teikens oortref. Sowat 90 mense, almal voorheen werkloos, is in diens en daar word oorweeg om die sentrum uit te brei tot 600 plekke, het Silinga gesê.

Dít wys dat daar in ’n ander rigting gedink word vir die toekoms.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae