Skuldeisers bakhand by Nationwide
Sowat 2 500 eise (wat ongeveer R19 miljoen bedra) is reeds by die lugdiens Nationwide se likwidateurs ingedien.
Solidariteit kla Investec-base aan oor bewering van laer inflasie
Die herrie oor Investec se inflasiesyferkritiek het gister 'n nuwe wending geneem.
Untitled Document
Rand/$: 7.5600 Rand/£: 15.0300 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 924.30 Platinum $/oz: 1724.50 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27556.85 Top 40: 25674.36 FNDI 30: 23198.10 Gold Mining: 2207.22 Resource 20: 58393.46 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
ANC-leierskap bal sy kragvuis
15/05/2008 21:54  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jan de Lange

Die nuwe ANC-leierskap gaan vandag vir die eerste keer werklik sy stempel op die regering afdruk tydens die “energie-konferensie” in Sandton.

Mnr. Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, het eergisteraand gesê die ANC en sy alliansievennote het besluit dat die bykomende tariefverhoging van 53% wat Eskom wil hef, nie goedgekeur kan word nie.

Dit was kort nadat die kabinet ’n nuwe prysbeleid vir Eskom goedgekeur het, maar die prysbeleid sal as ’n voorstel ingedien word op die energie-konferensie wat die ANC vandag in Sandton byeengeroep het en waarheen talle rolspelers genooi is.

Die kabinetsvoorstel lui dat matiger prysverhogings oor die volgende drie tot vyf jaar versprei word.

Dit is duidelik dat druk op die nasionale tesourie gaan toeneem om tot Eskom se bouprogram by te dra. Mantashe het eergisteraand op Sake24 se Ekonoom van die Jaar-banket in Midrand gesê die ANC het besluit dat die staat die koste moet dra van die beleidsfoute wat gemaak is oor beleggings in bykomende opwekkingsvermoë vir Eskom.

Die koste van die bouprogram het die afgelope drie jaar van R150 miljard tot bykans R350 miljard geëskaleer. Elke R100 miljard beteken ’n prysverhoging van sowat 20% in elektrisiteitstariewe as Eskom se verbruikers daarvoor moet betaal. Dit sal ’n enorme las op die ekonomie plaas en waarskynlik die einde van die inflasieteiken beteken.

Mantashe het ook teen Eskom se steenkool-aankoopbeleid te velde getrek en gesê die ANC wil hê Eskom moet terugkeer na die vroeëre beleid om langtermyn-kontrakte te sluit.

Eskom het in 2001 besluit om sy steenkoolvoorraad te verminder ten einde meer bedryfskapitaal in die hande te kry. Sy steenkoolvoorraad het in die proses van 19,8 miljoen ton of 61 dae se voorraad in Desember 2001 gekrimp tot 10,5 dae se voorraad toe die elektrisiteitskrisis die land in Januarie verlam het, volgens ’n verslag van die vakbond Solidariteit wat vanoggend op die kongres ingedien gaan word.

Solidariteit se voorlegging is opgestel deur mnr. Mike Schüssler, wat die Ekonoom van die Jaar-kompetisie vir die tweede keer gewen het.

Die verslag wys dat Eskom se aanspraak dat hy die goedkoopste elektrisiteitsverskaffer ter wêreld is, vals is omdat huishoudelike verbruikers heelwat hoër tariewe betaal. Hulle subsidieer in groot mate nywerheidsverbruikers, want 33,6% van Eskom se elektrisiteit word teen minder as die produksieprys aan nywerheidsverbruikers verkoop.

Solidariteit vra in die verslag dat Eskom verplig word om sy kontrak-inligting en prysdokumente bekend te maak. Eskom weier tot dusver volstrek.

“As die prysdokumente só sensitief is vir ’n openbare monopolie-maatskappy, dui dit daarop dat iets verkeerd is. Hierdie dokumente bevat waarskynlik eerder inligting oor wanbestuur as sensitiewe inligting,” sê die vakbond.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het gister op ’n inligtingsessie in die parlement gesê hy wil nie die beraad “vooruitloop nie”, maar het erken dat die “siening momentum opbou dat tariefverhogings geleidelik ingevoer moet word”. Nersa, die nasionale energiereguleerder, is egter primêr verantwoordelik vir die goedkeuring van prysverhogings deur Eskom.

Maseko en mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, het verwys na gesprekke wat voortdurend met die nasionale tesourie gevoer word oor staatshulp. ’n Aankondiging hieroor sal waarskynlik egter eers in die tussentydse aanpassingsbegroting (saam met die mediumtermyn-begrotingsraamwerk) in Oktober gedoen kan word, hoewel beloftes oor hulp aan die armes reeds gemaak is.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae