Huishoudings se besparing negatief
Suid-Afrikaanse huishoudings se spaarvlakke is op hul laagste nóg.
Rand breek deur R7,50
Die rand het gister sy kragtoer teen die dollar voortgesit en deur R7,50 tot R7,4974 verstewig
Untitled Document
Rand/$: 7.5500 Rand/£: 15.1100 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 919.50 Platinum $/oz: 1742.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27373.79 Top 40: 25502.81 FNDI 30: 23029.66 Gold Mining: 2173.11 Resource 20: 58066.07 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Super Group needs a top-up
Koseff: Claims preposterous
Gold firms hammered by protest
Beeld
Stryd in sel om oorlewing
Talle sonder heenkome ná brand
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Ex-cop tells of cell hell
Zuma 'will lead from prison'
Kallis: A man on a mission
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Manuel moderniseer taks-indiening
15/05/2008 21:50  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Amanda Visser

Vanjaar is daar twee belasting-indieningsveldtogte en -spertye. Een vir werkgewers en een vir werknemers.

Mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, het gister weer verreikende veranderings aan vanjaar se indieningstelsel bekend gemaak.

Dit is deel van die moderniseringsproses wat verlede jaar met die minder en korter opgawes begin het.

Die indieningsveldtog vir die 2008-belastingjaar begin op 1 September en die sperdatum waarteen individue hul opgawes moet indien, is 21 November.

Elektroniese indieners het tot 23 Januarie volgende jaar tyd om hulle s’n in te dien. Tans is meer as ’n miljoen belastingbetalers as elektroniese indieners geregistreer.

Een van die belangrikste veranderings vanjaar is dat werkgewers ’n nuwe vorm kry waarvolgens die salarisinligting van hul werknemers gekonsolideer moet word.

Dié vorm is glo aansienlik eenvoudiger, maar werkgewers kry tot 29 Augustus tyd om te sorg dat die konsolidasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingedien is.

Gebeur dit nie, kan hulle ’n boete van 10% van die lopende betaalstelsel opgelê word.

Een van die groot probleme verlede jaar was klaarblyklik dat die inligting wat werkgewers verskaf het, verskil het van die inligting waaroor die SAID beskik het. Dit het ’n heen-en-weer-verskuiwing van dokumente teweeg gebring. Minstens ’n miljoen belastingbetalers het nie ’n aangename indieningservaring gehad nie.

Mnr. Edward Kieswetter, bedryfshoof van die SAID, het in ’n inligtingsessie gesê die tweede belangrike verandering is dat belastingbetalers se IRP5-inligting vanjaar reeds op hul uitgereikte opgawe-vorms gaan verskyn.

Mnr. Barry Hore, hoof van strategie, modernisering en tegnologie van die SAID, sê werkgewers gaan gratis programmatuur kry waarmee die rekonsiliasies gedoen kan word.

Die belastingbetaler moet steeds seker maak dat dit wat op hul vorms verskyn, ooreenstem met wat op hul IRP5-sertifikaat staan.

Nog ’n belangrike kwessie is dat geen individuele opgawes vanjaar gepos gaan word nie. Belastingbetalers gaan wel ’n brief van die SAID ontvang waarna hulle kan versoek dat ’n opgawe-vorm gepos word en dan sal hulle die keuse kan uitoefen hoe hul opgawe moet lyk.

Soos verlede jaar, sal die vorms elektronies beskikbaar wees. Mense wat minder as R120 000 verdien, een werkgewer het en geen ander inkomste of aftrekkings het nie, hoef nie ’n opgawe in te dien nie.

Mnr. Pravin Gordhan, kommissaris van die SAID, sê die nuwe inisiatiewe is nie uniek aan Suid-Afrika nie. “Ons volg die internasionale norm.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae