Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Dié see is nog SA s’n
26/08/2008 01:45  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers en James-Brent Styan

“Die see, die seebodem en die visse van die Wes-Kaap is nog ons s’n.” Só sê me. Maria Ramos, uitvoerende hoof van Transnet.

Ramos het gister skerp gereageer op ’n berig wat Sondag in die Sunday Times verskyn het.

Dié berig het beweer dat Transnet met die verkoop van die V&A Waterfront in 2006, ook “22 km se kuslyn en 90 km2 van die see van Tafelbaai tot Robbeneiland aan buitelanders verkoop het”.

Die Sunday Times hou egter voet by stuk. Dié Sondagkoerant se redakteur, Mondli Makhanya, het gister aan Sake24 gesê die Sunday Times se berig is waar en sal altyd waar bly en Transnet weet dit.

“Ons het ondersteunende bewyse wat die feite in ons berig bevestig.”

Ramos het die koerant beskuldig van onverantwoordelike, vals en misleidende beriggewing wat Transnet sowel as Suid-Afrika groot skade berokken het.

“Transnet se verkope van die V&A het nooit die see-gebiede ingesluit wat in die berig genoem is nie. Die see en die seebodem behoort in elk geval nie aan Transnet nie.”

Ramos sê verder die verkooptransaksie het ook nie in die geheim plaasgevind nie – soos deur die berig beweer is.

“Dit was ’n deursigtige openbare tenderproses wat reeds 18 maande gelede afgehandel is. Al die nodige regerings- en korporatiewe-goedkeuring vir die verkooptransaksie is verkry.”

Dié proses het behels dat Transnet sy 26%-belang en sy drie pensioenfondsvennote hul 74%-belang in die V&A verkoop het aan ’n konsortium met die naam Lexshell. Lexshell behels die Britse groep London & Regional (50,1%), die Doebaise beleggingsgroep Istithmar (24,8%) en ’n SEB-konsortium (25,1%). Die verkoopsprys was R7,04 miljard. Nege ander bieërs het destyds aan die proses deelgeneem om een van Suid-Afrika se voorste toeriste-attraksies te verkry.

“Die verkoopooreenkoms sluit verder geen waarborge of ondernemings in ten gunste van die kopers wat betref die verwagte ontwikkeling van die V&A Waterfront nie. Die R20 miljard-eis wat die Sunday Times beweer teen Transnet ingedien kan word, is pure duimsuigery,” het Ramos gesê.

Volgens haar oorweeg Transnet al sy opsies ten opsigte van stappe teen die Sunday Times.

“Ons doen geweldige moeite om Transnet op te bou en baie is reeds in die maatskappy belê in ’n poging om die maatskappy om te keer. Gevolglik het ons ons prokureurs vanoggend (gisteroggend) opdrag gegee om ons saak te oorweeg en om te bepaal of die Sunday Times-berig verantwoordelike joernalistiek was.”

Makhanya sê die Sunday Times staan by sy berig en wag op Transnet se regsaksie.

Intussen het die vakverbond Cosatu ook die verkoop van die V&A gister skerp veroordeel. Die vakverbond se woordvoerder, mnr. Patrick Craven, sê koppe moet rol. “Die verkoop van die V&A is die perfekte voorbeeld van wat die probleem is met die kommersialisering van semi-staatsinstellings soos Transnet. In plaas daarvan dat hulle dienste verrig vir die mense van Suid-Afrika, verkoop hulle ons eiendomsreg aan buitelanders.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae