Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Altech mag eie telekomnetwerk bou, beslis hof
01/09/2008 01:30  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

In ’n saak wat die land se telekommunikasie-landskap ingrypend verander, het die Pretoriase hooggeregshof Vrydag die kommunikasiereguleerder ’n uitklophou gegee.

Die telekommunikasiegroep Altech het in April vanjaar die hooggeregshof genader ten einde klarigheid te kry oor sekere regulasies wat deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) in November verlede jaar uitgereik is.

Die dispuut het gehandel oor die omskakeling van waardetoegevoegde netwerkdienste-lisensies (VANS-lisensies) na individuele elektroniese kommunikasienetwerkdienste-lisensies (IECNS-lisensies).

Die omskakeling van die lisensies is oorspronklik deur Okosa geïnterpreteer as dat VANS nou hul eie telekommunikasienetwerke kan bou deur óf van Telkom se bestaande netwerke óf dié van die tweede-vastelynnetwerk gebruik te maak.

Maar in November verlede jaar besluit Okosa toe anders en skakel net ’n handvol VANS-lisensies om na IECNS-lisensies tot groot ontsteltenis van ander.

Altech was nie een van die gelukkiges nie en nadat kommunikasie met Okosa op niks uitgeloop het nie, sleep die maatskappy toe die reguleerder in April hof toe.

Die hooggeregshof het Vrydag beslis dat Altech sy eie telekommunikasienetwerk kan bou.

Volgens mnr. Sekgoela Sekgoela, woordvoerder van Okosa, sal die reguleerder die inhoud van die hofuitspraak bestudeer en die pad vorentoe bepaal.

Mnr. Craig Venter, uitvoerende hoof van Altech, sê dié hofbeslissing maak die speelveld nou vir VANS gelyk.

Maar gaan dit beteken dat ons meer en meer gaan sien dat strate vir die lê van kabels opgekap gaan word?

“Nee,” sê Venter. “Daar is net ’n handvol diensverskaffers wat oor die finansiële vermoë beskik om hul eie netwerke te bou. Dit sal minstens R1 miljard kos om ’n netwerk nasionaal uit te rol.”

Mnr. Arthur Goldstuck, kommunikasie-ontleder en uitvoerende hoof van World Wide Worx, sal groter VANS wel nasionale netwerke kan oprig terwyl kleiner VANS eerder op spesifieke streke sal fokus en dan met groter netwerke sal inskakel.

“Dié hofuitspraak open die mark vir meer deelnemers,” sê hy. “Dit kan daartoe lei dat ongedienste streke, sektore en belangegroepe nou ook bereik kan word.”

Goldstuck meen egter die hofuitspraak werp die kollig op die ondoeltreffendhede van reguleerders.

“Dit lig die ondoeltreffendhede van bestuurde liberalisering uit waar soveel gevestigde belange teen liberalisering baklei. Hoewel daar ’n beleid van bestuurde liberalisering is, vind ’n mens dat daar in der waarheid niks van die aard is nie.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae