Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Nóg ’n grond-wet duik in hek
03/09/2008 01:36  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Antoinette Slabbert

’n Omstrede wetsontwerp oor die bestuur van grondgebruik is op die lange baan geskuif nadat die parlementêre portefeuljekomitee vir grondsake dit die groen lig gegee het.

Munisipale raadslede en lede van die provinsiale wetgewers sou daarvolgens enige seggenskap verloor het oor die bestuur van grondgebruiksregte.

Dié wending kom kort nadat dieselfde komitee aanvanklik die onteieningswetsontwerp sterk gesteun het, maar blykbaar ná kritiek uit talle oorde koue voete gekry en dit teruggetrek het.

Dié twee wette hou met mekaar verband en is wyd deur burgerregtegroepe en opposisiepartye gekritiseer omdat dit volgens hulle onder meer ongrondwetlik sou wees.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beplanners (SAIB) het die departement van grondsake gister skerp gekritiseer oor sy hantering van die voorgestelde wet op die bestuur van grondgebruik.

Volgens die SAIB werk die departement al agt jaar aan die nuwe wet.

Vroeëre insette deur onder meer die SAIB, Cosatu, die Community Law Centre en die munisipale vereniging Salga is volgens die SAIB geïgnoreer en die departement het voortgegaan om ’n ontoereikende wetsontwerp aan die portefeuljekomitee voor te lê, wat dit aanbeveel het.

Dit is nie duidelik waar die opdrag vandaan kom dat dit nou teruggehou word nie.

Mnr. Ruben Mohlaloga, voorsitter, het eergisteraand gesê hy het nog nie amptelike bevestiging gekry dat dit teruggehou word nie.

’n Debat oor die wetsontwerp is egter teen die normale verloop in nie in die nasionale vergadering se program ingesluit nie.

Die proses om die huidige wette oor grondgebruik te verander kom volgens die SAIB nêrens nie en grondgebruik stem vandag nog ooreen met die apartheidsbeginsels van skeiding en afsonderlikheid.

Grondgebruiksbeplanning in Suid-Afrika is volgens die SAIB koersloos.

Die organisasie sê die departement is nie daartoe in staat om grondliggend nuut te dink oor wetgewing wat ruimtelike ontwikkeling reël nie en ploeter al agt jaar voort.

Die SAIB het daarom besluit om organisasies in die burgerlike samelewing wat ’n belang by die saak het, byeen te roep en ’n raamwerk daar te stel vir gepaste wetgewing.

Dít sal dien as ’n grondslag vir toekomstige gesprekke met die departement van grondsake en die regering as geheel.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie Afriforum, wat albei wette sterk teengestaan het, het gesê dis goeie nuus dat die wet vir eers teruggehou word.

Dit is volgens hom ’n uitvloeisel van die feit dat die Onteieningswet teruggehou is.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae