Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
    Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Algemene Sakenuus : ALGEMENE SAKENUUS : STORIE
 
Dis nou jóú beurt om beurtkrag toe te pas, sê Eskom
13/10/2008 00:59  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

James-Brent Styan

Verbruikers gaan in die toekoms beurtkrag op hulself moet toepas en indien hulle dit nie doen nie, gaan hulle swaar beboet word.

Eskom is besig om ’n nuwe kragbesparingsprogram te ontwikkel waarvolgens verbruikers beheer gaan hê oor die bestuur van hul elektrisiteit.

“Verbruikers sal maandeliks spesifieke kwotas krag ontvang wat hulle nie mag oorskry nie. Waar Eskom in die verlede beurtkrag toegepas het en verbruikers geheel en al afgesit het om besparingsteikens te bereik, sal verbruikers nou self kan besluit wat hulle afsit en wanneer. Verbruikers mag net nie hul kwotas oorskry nie.”

Só lui ’n verklaring wat Eskom aan Sake24 gestuur het.

Eskom sê Suid-Afrika se elektrisiteitstekort oor die volgende vyf jaar sal nie deur die bou van nuwe kragstasies in Limpopo en Mpumalanga ongedaan gemaak word nie. Die nuwe kragstasies sal net die probleem verklein.

“Die energie-besparingskema (EBS) word gevolglik deur Eskom namens die departement van minerale en energie ontwikkel om dié gaping toe te stop.”

Eskom sê sonder die EBS sal omvattende uitgebreide beurtkrag in die volgende vyf jaar uitgevoer moet word om die elektrisiteitsnetwerk te beskerm.

Die EBS is reeds op ’n vrywilliger-basis ingestel, maar Eskom sê daar was tot nou min samewerking.

“Gevolglik is die departement van minerale en energie en die nasionale energiereguleerder (Nersa) besig om ’n stel regulasies en reëls saam te stel wat strafmaatreëls sal bevat vir verbruikers wat nie binne hul toegedeelde kwotas bly nie.”

Die plan is om die eerste fase van die verpligte deelname aan die EBS so gou moontlik in werking te stel, maar Eskom sê hy verwag dit sal eers vroeg volgende jaar wees.

“Die finale datum sal deur Nersa vasgestel word.”

Eskom sê nie alle verbruikers sal aanvanklik deur die voorgestelde EBS geraak word nie.

“Verbruikers met ’n jaarlikse kragverbruik van meer as 25G Wh sal eerste aan die beurt kom. Dit verteenwoordig sowat 250 van Eskom se grootste kliënte, insluitend ’n aantal groot munisipaliteite.

Die uiteindelike mikpunt is om die program uit te brei na alle verbruikers wat jaarliks meer as 100 MWh elektriese krag verbruik.”

Verbruikers se werklike kragverbruik sal maandeliks vergelyk word met hul kwota. Indien die kwotas oorskry word, sal verbruikers meer moet betaal vir hul krag. Die boetes sal styg in ooreenstemming met hoe gereeld die kwotas oorskry word en met hoeveel die kwotas oorskry word.

“Die gemiddelde besparing waarna Eskom mik is 10% – die hoeveelheid wat nodig is om die nasionale elektrisiteitsnetwerk te stabiliseer.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae