Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Jasco-resultate toon 25%-plus groei in omset
Jasco het sy omset oor die halfmiljardrand-merk opgestoot.
'Keer skommelings in rand se waarde'
Die Reserwebank se fokus moet nie nét op inflasieteikens wees nie.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
    Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
  Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Vodafone 'not pursuing MTN bid'
Unions angry over SA job plan
End to load-shedding questioned
Beeld
SAKP se Mbeki-plan vou
‘Soeke na iets positiefs’ lok duisende na Angus
Gerug oor Steve se dood begin glo by Super-14-stryd
News24
Bid to oust Mbeki fails
Rape: Hospital 'window-dressing'
Cyclone: 1.5m face death
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Skuldpaniek vat pos in SA se huismark
05/05/2008 00:17  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Die rentekoersverhoging in April saai paniek onder huiseienaars wat in die skuldweb vasgevang is, met ’n groot aantal wat hul huise nou skielik wil verkoop.

Voornemende kopers is egter so skaars soos hoendertande en gevolglik is daar ’n oorvloed van eiendomme op die mark.

Mnr. Rael Levitt, uitvoerende hoof van die Alliance Group, sê dié faktore het reeds verkooppryse met minstens 10% afgedruk.

Hy sê die syfer is selfs hoër in kusgebiede, waar veral die kus van Mosselbaai tot by Jeffreysbaai kwaai geraak word.

Sedert die onlangse rentekoersverhoging word die groep se oproepsentrums oorstroom met verkopers wat onder druk is en veilings beskou as die toweroplossing om hulle vinnig uit hul finansiële verknorsing te kry, sê hy.

Dié scenario kan selfs verder vererger as rentekoerse weer vanjaar styg.

Alle pryssegmente loop deur, maar die mark bo R15 miljoen en onder R500 000 word in ’n mindere mate geraak. Maar dit beteken nie dat dié segmente immuun is teen ’n prysregstelling nie, waarsku Levitt.

“Daar is geen twyfel dat verkopers vinnig realisties raak wat betref pryse nie, grootliks as gevolg van ’n aanbod wat die vraag vir die eerste keer in ses jaar oorskry.”

Die situasie waarin die huismark hom bevind, is ’n probleem vir sukkelende huiseienaars en hul finansieringsinstelling.

“Spesifiek in die geval van huislenings wat verlede jaar toegestaan is en waar daar nou tekens van negatiewe ekwiteit begin kop uitsteek,” sê hy.

Negatiewe ekwiteit is as die eiendom minder werd is as wat dit oorspronklik gekos het.

Hoewel Levitt meen die mark is nog nie naby die omstandighede in 2001 toe sekere eiendomme negatiewe ekwiteit van tot 20% gehad het nie, plaas markomstandighede druk op huiseienaars, waar hulle nie vinnig hul huise kan verkoop en hul uitstaande verbandskuld kan verhaal nie.

Hy voorsien dat die huismark tot die einde van 2009 in groot pyn sal bly.

Mnr. John Loos, eiendomsontleder van Eerste Nasionale Bank (ENB) se huisleningsafdeling, sê hy glo nie huispryse daal op ’n nasionale vlak nie, hoewel dit later vanjaar kan gebeur. “Volgens ENB se navorsing word ervaar dat sommige verkopers teen minder verkoop as wat hulle betaal het, maar dis nog nie naastenby die geval in die meerderheid van die mark nie,” sê hy. “ ’n Mens moet deur die siklus kyk en êrens moet rentekoerse weer afkom. Dis net ’n kwessie van tyd.”

Hy voorsien dat daar lig in die huistonnel kan wees in die tweede helfte van volgende jaar, wanneer die negatiewe markstemming kan verbeter.

Voorlopig hou inflasie-vooruitsigte die huismark donker en voorsien bankekonome nog ’n rentekoersverhoging in Junie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  ANC, Cosatu wil 3 smelters se krag sny
  Fifa sleep Metcash hof toe oor suigstokkies
  Moontlike 2010-misdaad ‘is net ’n mite’

Volksblad
  Moll-moord: Drama ontvou
  Naam van Jesus het my lewe gered, sê seun ná aanval
  Mbeki oorleef Rooi-aanslag



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae