Skuldeisers bakhand by Nationwide
Sowat 2 500 eise (wat ongeveer R19 miljoen bedra) is reeds by die lugdiens Nationwide se likwidateurs ingedien.
Solidariteit kla Investec-base aan oor bewering van laer inflasie
Die herrie oor Investec se inflasiesyferkritiek het gister 'n nuwe wending geneem.
Untitled Document
Rand/$: 7.5500 Rand/£: 15.1100 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 919.50 Platinum $/oz: 1742.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27373.79 Top 40: 25502.81 FNDI 30: 23029.66 Gold Mining: 2173.11 Resource 20: 58066.07 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Super Group needs a top-up
Koseff: Claims preposterous
Gold firms hammered by protest
Beeld
Stryd in sel om oorlewing
Talle sonder heenkome ná brand
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Ex-cop tells of cell hell
Zuma 'will lead from prison'
Kallis: A man on a mission
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Myndorpie bied bekostigbare huisvesting
08/05/2008 22:15  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

’n Beleggingsgeleentheid in bekostigbare huisvesting is moontlik aan die Oos-Rand, waar ’n innoverende ontwikkelaar die ou Grootvlei-myndorpie naby Springs aan die Oos-Rand verkry het om dit in ’n bekostigbare sekurititeitsdorpie te omskep.

Volgens mnr. Chris Day, gebiedsprinsipaal van Pam Golding Eiendomme (PGE), wat die ontwikkeling bemark, is huise beskikbaar teen ’n gemiddeld van R2 850 per m². Dit kom neer op van R345 000 vir ’n huis van 114 m² tot R615 000 vir ’n huis van 256 m².

Terwyl die gemiddelde huisprys in die middelsegment van die mark volgens Absa se nuutste huisprysindeks tans R973 905 is, klink dit amper te goed om waar te wees.

Hy sê hoewel dit ouer huise is, is die strukture stewig en is dit ideaal vir eerste kopers wat sukkel om tot die mark toe te tree, asook vir gesinne met kinders.

“Die werklikheid is dat kopers ’n huis van 173 m² met drie slaapkamers kan verkry teen R496 000, waar alle koste ingesluit is.”

’n Bykomende voordeel is dat kopers met registrasie R30 000 van die koopsom sal terugkry van die ontwikkelaar, Fifth Season Investments, om die huise te restoureer om by hul behoeftes aan te pas.

Dié ontwikkeling genaamd Strubenvale Extension 2 behels 137 bestaande ou mynhuise en 157 erwe.

Day sê die erwe wissel tussen 600 m² en 1 000 m² teen pryse van R179 000 tot R198 000. Daar is ook ’n perseel opsygesit vir die ontwikkeling van ’n gerieflikheidswinkelsentrum en ’n bykomende 169 erwe is aan ’n ontwikkelaar verkoop. Day sê die ontwikkeling sal ’n nuwe voorstad word en is noord van die bestaande Strubenvale-gebied, met maklike toegang tot die N12 wat Witbank met Johannesburg verbind.

Bouwerk aan die 2,1 m hoë sekuriteitsmuur van 5,8 km het reeds begin en die erwe en huise word nou aan die mark bekend gestel.

Hy sê Springs bied nog goeie waarde vir geld vir residensiële eiendom en dis ’n gebied waar kinders nog in die straat kan speel, selfs voor die veiligheidsmuur opgerig is.

Die totale kompleks sal oor twee bemande ingange beskik en ’n gemeenskaplike swembad en muurbalbane wat deur die huiseienaarsvereniging besit sal word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae