Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Reële huispryse skerpste af in 11 jaar – Absa-indeks
08/05/2008 22:14  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Reële huispryse (met inagneming van inflasie) het in Maart die grootste daling in 11 jaar beleef en nominale huisprysgroei het in April afgeneem tot ’n laagtepunt in meer as agt jaar.

Absa se nuutse huisprysindeks weerspieël dat reële huispryse in die middelsegment van die mark in Maart met 2,5% op ’n jaargrondslag gedaal het, teenoor ’n daling van 0,9% in Februarie.

Dit beteken in reële terme dat ’n huis wat in Maart verlede jaar R648 100 werd was, nou R16 300 minder werd is, volgens mnr. Jacques Du Toit, senior eiendomsontleder van Absa se huisleningsafdeling.

Daarteenoor het nominale huisprysgroei in April skerp afgeneem tot 6,8% op ’n jaargrondslag, teenoor 7,8% in Maart.

Du Toit sê dié nominale groei is die stadigste sedert November 1999 toe dit 6,5% was en bring die gemiddelde prys van ’n huis in die middelsegment van die mark op R973 905 te staan.

Hy skryf die daling in reële huispryse en die drastiese afplatting in nominale huisprysgroei grootliks toe aan die omgewing van stygende inflasie, wat nóg opwaartse druk op rentekoerse en gevolglik op verbruikers plaas. Die vooruitsigte vir internasionale oliepryse is slegte nuus vir inflasie, en rentekoerse gaan relatief hoog bly tot laat in 2009, sê hy.

Teen dié agtergrond verwag hy dat nominale prysgroei nóg laer gaan neig en dat reële huispryse verder sal daal.

Hy verwag egter nie die tipe dalings van Julie 1985 nie.

“Terwyl rentekoerse toe 21,5% was en inflasie 16,1%, het nominale en reële huispryse met onderskeidelik 9% en 21,6% gedaal, die grootste dalings nóg,” sê Du Toit.

Dit is egter nie onmoontlik dat jaarlikse nominale huispryse ook kan begin daal nie.

Vir die jaar in die geheel verwag hy nominale groei van tussen 5% en 6% en ’n reële daling van meer as 4% in huispryse.

Hy sê uit ’n beleggingsoogpunt is reële huispryse belangrik omdat ’n belegger wil weet wat sy belegging werd is nadat die uitwerking van inflasie in ag geneem is. “Gegewe die huidige tendense moet ’n belegger ’n negatiewe kapitaalopbrengs in reële terme verwag oor die volgende 12 tot 18 maande,” sê hy.

Aan die positiewe kant kan die inkomste-opbrengs van ’n belegger wat koop om te verhuur toeneem omdat die vraag na huureiendom styg.

Hy sê laat vanjaar en vroeg volgende jaar behoort ’n goeie tyd te wees om huis te koop omdat die mark waarskynlik dan nader aan die onderste draaipunt kan wees.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae