Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Ál meer van SA na Australië
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Beheerliggame slaan glo al meer groen rigting in
13/05/2008 00:35  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

’n Groen leefstyl, sonpanele en energiedoeltreffendheid is nie meer esoteriese konsepte nie, maar werklikhede in ’n moderne wêreld wat geraak word deur aardverhitting en ’n groter fokus op omgewingsbewaring.

Mnr. Andrew Schaefer, besturende direkteur van die residensiële verhuring- en eiendombestuursmaatskappy Trafalgar, sê teen dié agtergrond en die Eskom-krisis, beweeg beheerliggame van geboue in die rigting van energiedoeltreffende oplossings.

Kenners is dit eens dat dit makliker is om sulke oplossings in die ontwerp- en konstruksiefase toe te pas as om bestaande geboue meer eko-vriendelik te maak.

“Die ware Jakob is om die gebou reg te bou in die eerste plek. Om dit wat reeds daar is groener te maak, kom met uitdagings,” sê mnr. Michael Schirnig, besturende direkteur van Alchemy Advisors, ’n konsultasiemaatskappy wat na die belange van huurders omsien.

Schaefer meen in ’n omgewing waar die vraag na elektrisiteit die aanbod oorskry en ekonomiese groei verder druk sal plaas op Eskom om in die vraag te voorsien, het inwoners ook ’n maatskaplike verantwoordelikheid om eko-vriendelike beginsels in hul huise en werkomgewing toe te pas.

Hy sê in die buiteland begin huurders reeds eiendom oorweeg wat aan groen-beginsels voldoen. “Dié opvatting gaan in die volgende dekade ook hier begin posvat,” sê hy.

Onder die eko-vriendelike oplossings wat ontwikkelaars in die konstruksiefase kan toepas, sluit in sonpanele, energie-doeltreffende ligte en die herwinning van grys water om dit vir tuinbou te gebruik.

In bestaande geboue kan oorgeskakel word na energie-doeltreffende ligte en die gebruik van natuurlike lig deur middel van dakvensters. “Hoewel die oplossings aanvanklik duur is om toe te pas, kan die veranderings tot beduidende koste-besparings lei op middel- en lang termyn, terwyl ’n betekenisvolle bydrae tot die omgewing gemaak word, sê hy.

Schirnig daarteenoor glo die omskakeling van bestaande geboue na groener ruimte gaan nie maklik gebeur nie.

Hy sê die een vraag wat ontstaan, is wie gaan daarvoor betaal. Die gebou-eienaar sal dit slegs doen indien hy dan die huur kan opstoot, meen hy. Omdat huurders gewoonlik vir tussen drie tot vyf jaar huur, gaan hulle nie noodwendig die langtermynvoordele van kostebesparings geniet nie.

“In die geval van ’n eienaar-okkupeerder het dit natuurlik sin om die gebou meer eko-vriendelik te maak omdat die eienaar dan die voordele kan geniet.”

Hy glo egter die besluit om groener te ontwikkel in Suid-Afrika is in dié stadium meer van ’n emosionele oorweging as ’n finansiële besluit.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae