Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Groenbou-gradering vir SA byna gereed
15/05/2008 22:33  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou vorder fluks met die vestiging van ’n groenbougraderingstelsel vir die land en ’n loodsinstrument kan in Junie op die tafel wees, volgens mnr. Bruce Kerswill, uitvoerende voorsitter van die raad.

Die proses behels ’n tegniese werkgroep van plaaslike en internasionale kundiges wat besig is om die Australiese Green Star-graderingstelsel vir die Suid-Afrikaanse bou-omgewing aan te pas.

Kerswill sê die vestiging van ’n graderingsinstrument is ’n kernprioriteit omdat dit standaarde sal stel vir groenbou en duidelike riglyne sal gee vir groen geboue.

“Dit is ’n dringende kwessie omdat talle korporatiewe ondernemings al voortgaan met groen geboue en na ’n verskeidenheid instrumente kyk,” sê hy.

Die tegniese werkgroep behels ’n vrywilligerpaneel van 20 plaaslike kundiges in verskillende kennisvelde om met finale krediete en riglyne vorendag te kom.

Aan die internasionale front is me. Michelle Malanca van Sustainability Consultants aangestel as projekbestuurder om die proses te stuur, asook die ingenieurs-konsultantegroep Arup as tegniese konsultante. Malanca is in San Francisco gesetel, maar was voorheen die direkteur van Green Star vir die Australiese Raad vir Groenbou.

Malanca sê Green Star beslaan agt omgewingskategorieë, asook ’n innovasie-kategorie.

Die omgewingskategorieë is bestuur, gehalte van die binnenshuise omgewing, energie, vervoer, water, materiale, grondgebruik, ekologie en uitlaatgasse.

Sy sê elke kategorie sal krediete hê waaraan ’n aantal punte toegeken is. “Wanneer ’n gebou gegradeer word, kry dit punte vir elke krediet waaraan voldoen is en ’n telling uit 100 word vasgestel.”

So sal 45 tot 59 punte geklassifiseer word as beste praktyk, 60 tot 74 punte as Suid-Afrikaanse uitnemendheid en meer as 74 as wêreld-leierskap.

Geboue wat ’n gradering van vier sterre of meer kry, sal ’n Green Star-sertifisering kry.

Die toekenning kan óf in die beplanningsfase gedoen word óf wanneer die gebou voltooi is.

Sy sê die grootste uitdaging vir Suid-Afrika is om ’n fyn balans te handhaaf met die standaarde wat in ooreenstemming is met internasionale beste praktyk en die Suid-Afrikaanse bedryf vorentoe sal neem, terwyl plaaslike omstandighede gerespekteer word sodat dit nie onmoontlik is om graderings te behaal nie.

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou-inisiatief is verlede jaar op die jaarlikse konvensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars (Veesa) bekend gestel.

Mnr. Neil Gopal, uitvoerende hoof van Veesa, sê die Suid-Afrikaanse bou-omgewing beweeg in die regte rigting en is besig om met rasse skrede die agterstand in te haal om in ooreenstemming met wêreldstandaarde te kom.

Hy sê eiendomseienaars begin die waarde insien van omgewingsvriendelike geboue.

“Al is die aanvanklike koste hoog, sal gebou-eienaars van groen geboue op lang termyn die vrugte pluk van die bedryfskoste wat oor tyd beduidend afneem.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae