Dubai World Africa, wat beduidende eiendomsbelange op die Afrika-vasteland het, het drie nuwe kantore in Afrika geopen.
Bykomend tot die hoofkantoor in Kaapstad, is daar kantore in Zanzibar, die Comore en Rwanda.
Die strategiese kantore sal die vinnige uitbreiding van die groep se belange in Afrika fasiliteer, sê mnr. James Wilson, uitvoerende hoof van Dubai World Africa. “Dit bied ons die geleentheid om aktief geleenthede in Afrika na te streef en verteenwoordig ons verbintenis en vertroue in die ekonomieë van Afrika-lande,” sê hy.
Die groep is die beheermaatskappy wat ’n portefeulje ondernemings en projekte namens die Doebai-regering bestuur in meer as 100 stede.
Van sy ondernemings sluit in Nakheel, DP World en Tamweel.