Afrika-joernaliste trek saam
Die grootste wêreldsaamtrek van Afrika-joernaliste van vandag tot Woensdag in Grahamstad plaas.
Zim-kruitvat kan vlam vat oor voedseltekort
Zimbabwiërs begin al hoe meer tekens van ongeduld en woede toon met die onwilligheid van owerhede om hul lot te verlig.
Untitled Document
Rand/$: 7.8100 Rand/£: 13.9900 Rand/€: 11.2600 Gold $/oz: 813.95 Platinum $/oz: 1385.00 Platts Brent Oil: 105.05
JSE VANDAG: All Share: 25416.67 Top 40: 23185.31 FNDI 30: 22939.94 Gold Mining: 1635.63 Resource 20: 48468.88 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Radical US plan poses big risks
Car repossession 'emergency'
SA ratings in danger
Beeld
Goue Natalie doen dit weer
Roland verbeter wêreldrekord
'Seksvideo': Peter de Villiers ‘het niks om weg te steek’
Volksblad
Natalie wen goud vir SA
Twee van SA sterf in Nieu-Seeland
Kalahari-kuierfees sluit bruisend en kleurig af
News24
Killer Ike makes landfall
Bok coach: The truth must out
Family burn to death in house
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
30/06/2008 21:47  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Nuwe argitektuur in die wolkekrabberbedryf gaan die koppe behoorlik laat draai.

Die eerste bewegende wolkekrabber ter wêreld, waarvan die vloere gaan roteer, gaan teen $700 miljoen in Doebai uit die grond verrys.

Daar is ook planne om ’n soortgelyke toring van 70 verdiepings in Moskou op te rig, het BBC News berig.

“Die Doebai-toring sal die eerste gebou nóg wees wat roteer, beweeg en van vorm verander en dit gaan boonop energiedoeltreffend wees,” het mnr. David Fisher, die Italiaanse argitek van die beplande argitektoniese meesterstuk, by die bekendstelling gesê.

Die gebou, wat 420 m die lug in gaan toring, sal in ’n leeftyd nooit twee keer dieselfde lyk nie.

Die 80 wooneenhede, wat vooraf vervaardig sal wees, sal onafhanklik van mekaar rondom ’n sentrale kolom roteer deur middel van 79 reusekrag-genererende windturbines tussen elke twee vloere.

Die gebou sal, wat energie betref, selfonderhoudend wees omdat die windturbines genoeg elektrisiteit sal opwek om die hele gebou van krag te voorsien en selfs ekstra krag vir die netwerk, volgens Fisher.

Dié eenhede wat tussen een en drie uur sal neem om ten volle te roteer, sal tussen $3,7 miljoen en $36 miljoen kos.

Fisher sê hy noem die geboue dinamiese torings omdat hulle ontwerp is deur tyd en gevorm word deur lewe.

Reuters berig dat die wolkekrabber in Moskou deur die Russiese eiendomsontwikkelingsgroep die Mirax Group opgerig gaan word en die een in Doebai deur Fisher se Rotating Tower-tegnologiemaatskappy.

Saam met swembaddens en tuine, sal die gebou ook van motorhysbakke voorsien word, sodat inwoners hul voertuig buite hul wooneenheid kan parkeer.

Mnr. Leslie Robertson, wat die strukturele ingenieur was vir die twee torings van New York se Trade Center, is ’n ingenieurskonsultant vir Fisher se maatskappy.

Die twee geboue het in September 2001 ingestort nadat twee gekaapte vliegtuie teen hulle vasgevlieg het.

Albei die geboue sal na verwagting teen die einde van 2010 die lig sien.

Die nuwe tendens waar die fokus op bewegende wolkekrabbers is, volg op die oprigting van verskeie ikoniese mega-torings die wêreld oor.

Een van die mees opspraakwekkende geboue nóg is die Burj Dubai in Doebai, wat die hoogste gebou ter wêreld sal wees teen meer as 700 m.

Daar is egter reeds ’n superhoë gebou in die beplanningsfase, die Burj Mubarak Al-Kabir in Koeweit, wat na verwagting 1 001 m hoog sal wees.

Die hoogste gebou in die VSA, die Chicago Spire, is ook onlangs bekend gestel.

Dié wolkekrabber gaan oor 150 verdiepings beskik, wat 609,6 m die lug in spiraal.

Die ontwikkeling op die oewer van die Michigan-meer in Chicago, Illinois, kom teen ’n koste van meer as $2 miljard en sal oor 1 194 individuele tuistes beskik.

Uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief, twyfel argitekte of die land ooit sulke mega-strukture gaan kry.

Mnr. Niel Crafford van Crafford & Crafford Argitekte, sê een van die groot redes is die astronomiese koste daaraan verbonde.

Hy sê die meeste van die wêreldstede gebruik die geboue om ’n stelling te maak. In Doebai word dit opgerig as trekpleister vir toeriste, wat finansiële voordele inhou vir die land wanneer sy olievoorraad opdroog.

In internasionale stede is daar ook ’n gebrek aan grond, wat dus lei tot wolkekrabbers, meen hy. In Suid-Afrika is daar nog meer as genoeg grond om op te bou en verskeie middestedelike gebiede wat herontwikkel kan word.

Hy sê ook met die huidige maatskaplike fokus van die land om onder meer bekostigbare huisvesting te verskaf, gaan dié tipe van strukture moeilik geregverdig word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae