Afrika-joernaliste trek saam
Die grootste wêreldsaamtrek van Afrika-joernaliste van vandag tot Woensdag in Grahamstad plaas.
Zim-kruitvat kan vlam vat oor voedseltekort
Zimbabwiërs begin al hoe meer tekens van ongeduld en woede toon met die onwilligheid van owerhede om hul lot te verlig.
Untitled Document
Rand/$: 7.8100 Rand/£: 13.9900 Rand/€: 11.2600 Gold $/oz: 813.95 Platinum $/oz: 1385.00 Platts Brent Oil: 105.05
JSE VANDAG: All Share: 25416.67 Top 40: 23185.31 FNDI 30: 22939.94 Gold Mining: 1635.63 Resource 20: 48468.88 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Radical US plan poses big risks
Car repossession 'emergency'
SA ratings in danger
Beeld
Goue Natalie doen dit weer
Roland verbeter wêreldrekord
'Seksvideo': Peter de Villiers ‘het niks om weg te steek’
Volksblad
Natalie wen goud vir SA
Twee van SA sterf in Nieu-Seeland
Kalahari-kuierfees sluit bruisend en kleurig af
News24
Killer Ike makes landfall
Bok coach: The truth must out
Family burn to death in house
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Koop nou om te verhuur, sê kenner
04/07/2008 00:40  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Elke marksiklus hou sy geleenthede in.

In die residensiële mark wat weens onder meer die stygende rentekoers en die Nasionale Kredietwet beduidend afgekoel het, is dit nou die tyd vir kopers met kontant om in die koop-om-te-verhuur-mark te belê, meen rolspelers.

Mnr. Mike Bester, uitvoerende hoof van Realty 1 International, sê dis mits die beleggers bereid is om ’n paar beproefde goue reëls te volg. “Dit sluit ’n stewige deposito in omdat ’n koper met ’n 80%-verbandlening nie kan verwag om huurgeld te kry wat sy maandelikse verbandterugbetaling ten volle gaan dek nie,” sê hy.

Hy waarsku ook dat kopers op hul hoede moet wees vir word-gou-ryk-skemas, wat spekulatiewe kopies insluit en huurwaarborge om kopers te lok.

Nog ’n goue reël is dat die beleggers ’n langtermyn-siening moet hê. “Eiendom is tradisioneel ’n langtermynbelegging en kopers in die koop-om-te-verhuur-mark moet daarop fokus om hul welvaart oor tyd op te bou en nie met vinnige winste nie,” sê hy. Op dié manier sal die belegger nie so erg geraak word deur korttermyn-wisselings in die mark nie.

Dan moet die koper se beleggingsfokus op inkomste wees, nie op kapitaalgroei nie. “Om ’n eiendom te besit, verteenwoordig nie noodwendig rykdom nie, maar om ’n bestendige inkomste uit ’n portefeulje huureiendomme te verdien, moenie onderskat word nie.”

Die huurmark floreer op die oomblik, grootliks as gevolg daarvan dat verbandpaaiemente onbekostigbaar geraak het, veral vir kopers in die goedkoper segment van die huismark.

“Die grootste vraag na huureiendomme is in die goedkoper segment onder R500 000, waar mense dit eenvoudig nie kan bekostig om ’n eie huis te koop nie.”

Koop-om-te-verhuur is ’n uitstekende manier om ’n eiendomsportefeulje op te bou en welvaart te skep. Hy sê die huurmark gaan van krag tot krag en huurgeld wat tot 60% van ’n koop-om-te-verhuur-belegger se maandelikse paaiement dek, word al verkry en dis op pad na 70%.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae