Ál meer in SA sien wins in glasbank
Om Suid-Afrikaners die gewoonte van herwinning te leer, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor 'n organisasie of individu te staan kan kom.
Kyk fyn voor jy stuiwer-aandele koop
Klein beleggers hou daarvan om soms na sogenaamde stuiwer-aandele op die AltX te loer. Daar is niks mee verkeerd nie, maar wees baie versigtig.
Untitled Document
Rand/$: 7.7000 Rand/£: 13.9600 Rand/€: 11.2700 Gold $/oz: 829.80 Platinum $/oz: 1476.50 Platts Brent Oil: 114.41
JSE VANDAG: All Share: 27702.06 Top 40: 25556.75 FNDI 30: 23436.88 Gold Mining: 1794.31 Resource 20: 57412.23 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
JSE: Foreigners to stay sellers
Competition, lower prices coming
Petrol price slashed
Beeld
Polisie skiet slagoffers
Waterkloof-3 beskryf hoe hulle aanrand
Huisrooftog: Vrou (53) sterf, man gewond
Volksblad
Skolegeweld skok
Fees spring volstoom weg met heerlike weer en atmosfeer
Riool loop glo in drinkwater in
News24
Phosa: Poverty is colourless
Proteas' ODI freefall continues
Palin: I was just a hockey mom
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Johannesburg se eie Aspoestertjie
17/07/2008 00:01  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel

Een van die eenhede in die voorheen vervalle Ponte-toringgebou is vir R5 miljoen verkoop.

Vir dié prys kry die koper ’n luukse dakwoonstel-eenheid in Afrika se hoogste residensiële gebou – 56 vlakke van byna 200 m hoog.

Die Ponte is ’n 32 jaar oue silindervormige residensiële baken wat grens aan Hillbrow en Berea in Johannesburg.

Volgens Pam Golding Eiendomme (PGE), wat nou die eenhede in die gebou bemark, is altesame 70 uit die sowat 460 gemeubileerde eenhede al verkoop. Dié gebou sal voortaan die “New Ponte” heet.

Die gewone deeltitel-eenhede vir die eerste verkoopsfase kos tussen R412 000 vir die enkelwoonstelle en R920 000 vir die drie-slaapkamer-woonstelle. Die luukse dakwoonstelle verkoop vir heelwat meer.

“Die feit dat dit eintlik PGE se eerste residensiële onderneming in die stadsgebied is, sê baie van ons vertroue in die konsep en die visie wat dié opwindende herontwikkeling onderlê,” het mnr. André Dippenaar, hoof van PGE se ontwikkelingsafdeling, gister gesê.

Die gebou is tans nog ’n bouperseel met ’n verkoopskantoor, maar die eerste inwoners sal voor die einde van die jaar kan intrek.

Volgens Dippenaar toon ’n opname dat die eenhede vir tussen R3 500 en R6 500 per maand verhuur kan word.

Wanneer die gebou voltooi is, sal ’n geraamde 2 500 mense daarin woon.

Dippenaar sê Pam Golding wil die gebou weer ’n gesprekspunt maak. Dit is gekoop vir R100 miljoen en die hernuwing kos R160 miljoen.

Ander verwagte vernuwingsinisiatiewe vir die Ellispark-omgewing aan die voet van Ponte, sluit die Johannesburg Development Agency se R700 miljoen-plan om nuwe lewe in die gebied te blaas met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi 2010, asook die beplande roete van die nuwe snelbusstelsel in.

Mnr. David Selvan, ontwikkelaar en mede-eienaar, se visie vir die nuwe Ponte:

“Verbeel jou jy word wakker in ’n gemeubileerde woonstel op die 32ste vlak van die Ponte, ’n Helikopter vlieg verby en jy wuif vir die vlieënier . . . hy wuif terug.

“Dit is 04:30 en dit neem 25 sekondes om met die hysbak na die grondvlak te ry waar jy buite in die tuin om die baan gaan draf. Jou lewensmaat gaan na die gimnasium in die gebou. Jy neem jou kinders skool toe – St. Johns, KES en Roedean is net vyf minute se ry en weer vyf minute terug. Jy ry met die snel-busstelsel en die Gautrein werk toe. Jy los vandag jou kar tuis. Ná werk terug by die Ponte drink jy ’n koffie op die piazza, maak jou skootrekenaar oop en koppel met die draadlose internet in die gebou. Wie sal nie hier wil woon nie?”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae